
MIKROGOLF PRUIMFYNKONFYT
Om die skil van die pruim af te trek, gooi dit in kookwater, en as die vel bars, trek dit af.
Sny 1 kg pruime in stukkies op en ontpit dit terselfdetyd.
Bind die pitte in n stukkie kaasdoek toe.
Plaas die pruime en pitsakkie in ‘n diep mikrogolfvaste bak met ‘n inhoudsmaat van 3.5 liter.
Voeg 75 ml water by en bedek die bak.
Mikrogolf vir 15 min by 100% krag totdat al die vrugte heeltemal sag is, roer dit in die tyd elke 5min.
As die pruime wil oorkook, maak net die oonddeur oop en mikrogolf dit verder sodra dit gesak het.
Verwyder die pitsakkie en pel ‘n paar van die pitte. Blansjeer die kerne en voeg dit by die pruime. Mikrogolf 1 kg witsuiker 4min lank by 100% krag in ‘n ander vlak bak (2 liter) Roer die suiker by die pruime.
Mikrogolf die mengsel 20 min lank oop by 100% krag en roer dit gereeld tot die suiker opgelos het.
Begin toets die konfyt se dikte op ‘n koue piering. Die stroop moet fyn rimpels maak wanneer jy dit met jou vinger stoot.
As dit nog te loperig is, mikrogolf dit telkens ‘n verdere minuut en toets weer.
Bottel die konfyt warm en verseël dadelik.






