MANGO KONFYT
(maak 1 bottel)
600 g mango blokkies
100 ml kookwater
375 g suiker
1 ml sout
15 ml suurlemoensap
2 ml gepreseveerde gemmer
Blansjeer mango’s in die kookwater vir 5 minute, voeg dan die res van die bestandele by en roer liggies.
Prut liggies vir ongeveer 45 minute of tot verlangde dikte verkry is.
Bottel in skoon flesse.
Resep: Sandra Visagie
Foto: Anna Britz