

MOERBEIKONFYT
Spoel die vrugte wat byna ryp is onder lopende koue water af en dreineer goed.
Knip die stingeltjies af.
Weeg die moerbeie af en weeg net soveel witsuiker af as wat die moerbeie weeg.
Pak die moerbeie in lae in ‘n vlekvryestaal of emaljekastrol en strooi suiker oor elke laag.
Sit die deksel op en laat oornag stroop vorm
Verhit die mengsel die volgende oggend baie stadig en roer aan die begin tot die suiker opgelos is.
Voeg 25 ml suurlemoensap vir elke 1 kg moerbeie by.
Kook dit 50-60 min taamlik vinnig totdat dit dik genoeg is as dit op ‘n koue piering getoets word.
Skuim af indien nodig, laat 5 min afkoel.
Bottel die konfyt warm in voorbereide flesse, en verseël wanneer afgekoel.
Foto: BesterLindi






