GEELPERSKE SPANSPEK EN GRANADILLA KONFYT
GEELPERSKE SPANSPEK EN GRANADILLA KONFYT
(my eie resep)
Die hoeveelhede maak so 790g (mayonnaise bottel) vol.
400 g gesnyde ryp geelperskes
400 g gesnyde spanspekblokkies
800 g wit suiker
2 suurlemoene
1 blikkie granadillaSit jou vrugte in ‘n groot bak en gooi die suiker oor, laat staan oornag, of tot suiker stroop getrek het. Rasper die skil van die suurlemoene by die vrugte in, voeg die granadilla by en druk die sap van een suurlemoen uit en voeg by.
Plaas op die stoof in groot kastrol en verhit stadig, roer af en toe tot suiker heeltemal opgelos is. Kook dan die konfyt oor matige hitte, roer af en toe, en skep skuim af indien nodig. Toets die stroop op ‘n koue piering, en sodra dit ‘n lekker dik stroop het, (so ongeveer 45min) kan jy dit bottel in voorbereide bottels.
Resep en foto: Rina Kleinhans











