OM GAAR WORS TE BEWAAR
Hierdie wenk gaan ek vir jou gee want dit werk regtig, my ouers het dit jare terug in die Kalahari baie baie gedoen en dit hou regtig baie goed. Maak vir jou frikkadelle en wors klaar gaar, en hier kom dit nou, pak dit in porsies in ‘n bak in lae in harde vet, maw die vet wat uitgebraai is, sodra die een laag hard is, pak die volgende laag en laat hulle so in die harde vet staan in ‘n houer met ‘n deksel wat dig pas op ‘n koel plek.
Smelt die harde vet net tot vloeibaar en dan pak jy die lae.
Hou dit nou net op ‘n koel plek, en elke keer wanneer jy daarvan wil eet, haal jy paar uit die harde vet, maak dit warm en dit is soos vars. Ek belowe jou daai harde vet preseveer dit vir baie lank. Dit moet net nie in die hitte staan nie.
Gepos deur Rina Kleinhans















