OM GAAR WORS TE BEWAAR

GAAR WORStested

OM GAAR WORS TE BEWAAR
Hierdie wenk gaan ek vir jou gee want dit werk regtig, my ouers het dit jare terug in die Kalahari baie baie gedoen en dit hou regtig baie goed. Maak vir jou frikkadelle en wors klaar gaar, en hier kom dit nou, pak dit in porsies in ‘n bak in lae in harde vet, maw die vet wat uitgebraai is, sodra die een laag hard is, pak die volgende laag en laat hulle so in die harde vet staan in ‘n houer met ‘n deksel wat dig pas op ‘n koel plek.
Smelt die harde vet net tot vloeibaar en dan pak jy die lae.
Hou dit nou net op ‘n koel plek, en elke keer wanneer jy daarvan wil eet, haal jy paar uit die harde vet, maak dit warm en dit is soos vars. Ek belowe jou daai harde vet preseveer dit vir baie lank. Dit moet net nie in die hitte staan nie.

Gepos deur Rina Kleinhans




KONFYT EN TOFFEEPOEDING OP DIE STOOF

KONFYT EN TOFFEE POEDINGtested

KONFYT EN TOFFEEPOEDING OP DIE STOOF
Foto: Estelle De Klerk
FOOD LOVERS RECIPES
Vir 4 mense
In die winter het ma amper elke Sondag hierdie poeding gemaak. Dit brand maklik vas, maar soos kinders maar is, was dít selfs nog lekkerder vir ons.
4 eetlepels botter
4 eetlepels suiker
4 eetlepels marmelade, of ander konfyt soos appelkoos
2 eiers geklits
250 ml koekmeel
2 teelepels koeksoda
1 koppie melk

Sous
1½ koppie melk
1½ koppie suiker
½ koppie room of ingedampte melk (Ideal Milk)
2 teelepels vanilla geursel

Room die botter en suiker tot liggeel. Voeg die konfyt en eiers by die bottermengsel. Voeg die meel bietjie vir bietjie by. Meng die koeksoda met die melk en voeg dit bietjie vir bietjie by die mengsel totdat dit goed geklits is.
Maak die sous. Meng al die bestanddele saam in ’n swartboomkastrol van ten minste 3 liter. Bring dit tot kookpunt.
Keer die bak met die beslag versigting in die middel van die kokende sous om. Moet dit glad nie roer nie. Pasop vir oorkook! Draai dadelik die hitte tot die laagste en plaas ‘n styfpassende deksel op die pot.
Kook dit vir 35 minute oor ’n baie lae hitte sonder om dit ooit te roer. Die poeding is gaar wanneer die middel amper die kleur en tekstuur van ‘n sagte malvapoeding het.
Aletta sê: Ek maak dikwels ’n gemmerweergawe van dié poeding: Vervang die marmelade met appelkooskonfyt of gouestroop. Voeg dan ook ’n eetlepel fyn gemmer by die meelmengsel en ’n stuk vars gemmer (ongeveer 2 cm), baie fyngekap, by die sous.

 




POT DADELPOEDING

pot dadelpoedingtested
POT DADELPOEDING
2 koppies dadels sonder pit
2 koppies water kook tot sag fyn
1 koppie melk
2 teelepels botter
2 eiers
125 ml bruin suiker (½ koppie)
1 ½ koppies koekmeel
1 teelepel koeksoda
1 teelepel vanillageursel
SOUS
2 koppies water
1 koppies suiker
1 teelepel kaneel of gemmer
Knip sout
Kook sous tot suiker smelt.
Meng al die bestanddele en dadels, skeplepelsvol in die pot met sous.
Maak deksel toe kook stadig vir 30 tot 40 min. moenie deksel oplig nie.

Resep en foto: Andre Adriaan Esterhuizen




MELKTERT JAFFELS

testedmelktert in snackwich

MELKTERT JAFFELS
Lus vir melktert as jy kamp? Hier is ‘n vinnige poeding wat jy sommer by die huis ook gaan maak.
Lewer 4
150 ml melk
2 eiergele
20 g koekmeel (38 ml)
60 g suiker ( 63 ml)
5 ml vanielje geursel
8 snye witbrood
botter, vir smeer
kaneelsuiker

Klits 4 eetlepels van die melk met die eiergele. Gooi die meel en suiker daarby en klits tot glad.
Verhit die orige melk oor lae hitte tot dit NET begin kook. Roer vinnig die eiermengsel daarby en hou aan roer tot verdik. Kook saam vir 1 minuut, roer aanhoudend. Die vla kan baie maklik aanbrand. Gooi die vanielje-geursel by en roer goed saam.
Botter die brood en sorg dat die gebotterde snye na buite wys. Skep van die melktertpap in die middel en bedek met nog ’n sny brood.
Rooster in ’n jafflepan tot bros en goudbruin. Sprinkel kaneelsuiker oor en geniet dadelik.
Foto:  Ronel Muller Thoma en Nicolette Yssel

Het vanaand die Melktert Jafel omskep in n snackwich jafel. Melktert Jafel resep op blog. Ek het net kwepers ook bo op melktert vulsel geplaas en toe broodjies in snackwich gemaak.




GEBRAAIDE PIESANGS

GEBRAAIDE PIESANGS

GEBRAAIDE PIESANGS
Skil die piesangs en sny hulle in die lengte middeldeur.
Smelt ʼn klein hoeveelheid botter in ʼn braaipan en braai die piesangs daarin tot hulle
goudbruib is.
Dien met skyfies suurlemoen op of as garneersel by vleis.




DIE BESTE MANIER OM KABELJOU GAAR TE MAAK

Die beste manier om n kabeljou gaar te maaktested

DIE BESTE MANIER OM KABELJOU GAAR TE MAAK
Stefaans Blaauw – In die oond, of OP DIE KOLE…soos ‘n Snoek..met botter en suurlemoensap…sout en peper..NIE appelkoos konfyt op die vis nie…dit kom op die Brood, met egte BOTTER..

Michelle Joubert – Het laas week myne in die oond gemaak. Heel Kabeljou: Gesmeer met sout, peper, suurlemoen sap. Gestop met sprietuie, knoffel en baaaaie botter. Oond toe vir so 30min. Lekkerrrrrr




ONION BOMBS

onion bombs
ONION BOMBS
Bonfires mean camping food… which means it’s time again for the ONION BOMBS!!! Easy, simple and absolutely DELICIOUS– you just can’t beat that combo!!!
(heehee– -and they are LOW CARB!!!)
large onions
ground meat (I prefer turkey!!)
seasonings to taste ( could use any good seasoning blend!)

Peel your onions and cut them in half as equally as possible.
Prepare your meatballs how you want them– I used Italian seasoning, oregano, chili powder, minced garlic, ketchup, worcestershire sauce and some bread crumbs
Size your meatballs so that they can be squished between two pieces of onions. Some meat will push out the ends and that is okay!!! Just make them as compact as possible!!
Wrap each onion bomb in (HEAVY DUTY ) tinfoil– might want to double them since they’ll be tossed in the fire! Make sure not to poke holes in the foil!!
Toss in the fire and try to get them in the coals.
Cook for about 10 minutes, flip ’em around and cook another 10 minutes or so!!!
Recipe from Donna Hayes




SONJA’S CAMPING VEGGIES

kamp veggiestested

SONJA’S CAMPING VEGGIES
Small cast iron pots, stand sliced mixed veggies, salt, peper, thyme and rosemary, covered with cheese and slow cooked on the side of the fire for about 25-30 minutes. A real mouth full of pleasure!

Sonja Beatrix Coetzer




GEVULDE GEELSTERT OP DIE KOLE

gebraaide geelstertgeelstert met vulseltested

GEVULDE GEELSTERT OP DIE KOLE
Een Geelstert gevlek en skoongemaak.
Smeer vis met genoeg suurlemoen olyfolie
Gooi lekker met Ina Paarman se lemon pepper en vis spice
Genoeg growwe pienk sout
Smeer hele vis met basil Pesto
Smeer knoffel oor vis
gooi suurlemoensap oor vis
Nou net op een helfde van vis sit jy gewone en rooi uie wat opgesny is
Green, red en yellow peppers wat opgesny is
Mushrooms
Klein tamaties
Feta kaas
En dan het ek baie stukke botter bo dit gesit.
Vou is toe en gooi buite kant ook met olyf olie.
Maak toe in foelie.
Ek het myne in yskas gebere en eers die volgende dag gebraai, maar jy kan dit dadelik braai.

Hang af hoe groot jou vis is, maar die vis was uge en hy het so 30 tot 40min aan elke kant gevat om gaar te raak.

Resep en foto: Marian van Deventer




GEVULDE HOENDERDYE OOR DIE KOLE

2015-01-19-hoenderdytested

GEVULDE HOENDERDYE OOR DIE KOLE
Ek neem hoenderdye dan maak ek ‘n opening al langs die been af met my vinger sodat daar ‘n lekker ” pouch ” is.   Dan smoor ek uie en sampioene en voeg dan daarby gekapte brand rissie,  ‘n bietjie sweetchillie sous,  ‘n bietjie garlic sous ( steers ), bietjie sout en peper na smaak en meng dan alles saam.   Stop dan die vulsel in die ” pouch ” en steek toe met ‘n tande-stokkie braai oor stadige kole tot gaar.
Bron:  Gideon Louw