

INGEMAAKTE APPELS
3 kg appels geskil en gesny, pitte verwyder.
Week vooraf in 10 ml sout per liter koue water vir 10 min.
Kook 2 liter water met 600 g suiker saam met heel stokkies kaneel na smaak vir 15 minute.
Voeg appels by, kook nog 10 minute.
Bottel warm.
Maak seker flesse vol tot bo en seël dadelik.
Ek het ‘n heel kruienaeltjie bygesit vir afwisseling.
Resep geplaas deur Nina Meyer
Foto: Nina Meyer
Category Archives: Inlê vrugte / Bottled Fruit
INLê VAN VARS KERSIES


INLê VAN VARS KERSIES
Lorma Naude – Ek kook ‘n stroop van:
1 koppie suiker op 2 koppies water, afhangend van die soetheid van die kersie.
Sodra die suiker opgelos is, voeg ek die kersies by vir 5 minute en dan bottel ek dit.
(Ek werk asof ek gewone perskes sou inlê)
How to pickle cherries:
450 g morello cherries
¾ cup white sugar
1 ½ cup wine- or apple cider vinegar
6 whole clove spices Continue reading
ANNATJIE SE KERRIE PERSKE ATJAR


ANNATJIE SE KERRIE PERSKE ATJAR
2 kg vars geel taaipitperskes, gesnipper
2 groot uie
3 knoffel huisies, gekap
1 klein brandrissie
15 ml koljanderkorrels
2 teelepels heel swart peperkorrels
5 ml gemaalde fyn gemmer
875 ml wit druiwe asyn of bruin
2 koppies bruin suiker
15 ml kerrie
2 teelepels borrie
5 ml sout
25 ml mielieblom
Continue reading
VIJGEN CHUTNEY


VIJGEN CHUTNEY
1 eetlepel zonnebloemolie
1 grote rode ui, gepeld en fijngehakt
2 centimeter verse gember, geschild en fijngehakt
120 gram bruine basterdsuiker
125 ml (appelcider)azijn
Sap en schil van 1 citroen
100 gram rozijnen, of ander gedroogd fruit
1,5 theelepel mosterdzaad
1 klein kaneelstokje
Snufje zout
Snufje gemalen kruidnagel
Snuf fijn gemalen rode peper
450 gram verse vijgen (kroontje eraf en in stukjes) of gewelde gedroogde vijgen
Continue reading
KOEJAWELS INLê


KOEJAWELS INLê
28 koejawels geskil en in helfte gesny en gekook nie te sag nie, want dit gaan weer verder in stroop gekook word.
Stroop
6 koppies water
3 koppies suiker
Kook stroop tot suiker opgelos is en voeg koejawels by en kook 15 tot 20 minute. (of korter)
Bottel warm
Resep en foto: Wilma Batt
HETTIE SE SUURLEMOEN VERKWIKKER


HETTIE SE SUURLEMOEN VERKWIKKER
10 -12 groot suurlemoene
2,5 kg suiker
15 ml sitroensuur
15 ml wynsteensuur
15 ml engelse sout
1,5 liter kookwater
Gooi gerasperde skil en sap in groot houer.
Gooi die suiker, sitroensuut, wynsteensuur en engelse sout bo-oor.
Gooi die kookwater oor en roer deeglik totdat suiker gesmelt het.
Laat stroop oornag staan.
Syg die stroop die volgende dag deur en gooi in gesteriliseerde bottels (ek gebruik wynbottels met skroef doppe) hierdie resep hoef nie in die yskas gebere te word nie.
Glo my ons drink nog aan die laaste bottel van verlede jaar.
So derde sap in glas gevul met water en ysblokkies – Heerlik!
Resep: Hettie Wells Berlyn
INGELEGDE KOEJAWELS MET GEMMER


INGELEGDE KOEJAWELS MET GEMMER
Ek het vandag paar wit koejawels ingelê.
20 wit koejawels
1 liter water
1 koppie suiker
1 teelepel sout
1 stukkie gemmer
Sny koejawels middeldeur in die breedte.
Kook die liter water met die suiker, sout en gemmer.
Sodra die water opkook, sit die koejawels in die kookwater.
Sodra dit begin kook, haal die koejawels uit en bottel in skoon, warm flesse. Seël dadelik.
Nota: Ek wou nie die koejawels té sag of té soet hê nie.
Foto: Mariette Heydenrych-Kotze
HOE OM APPELLIEFIES IN TE MAAK


HOE OM APPELLIEFIES IN TE MAAK
Prik al die appelliefies so 2 gaatjies met ‘n tandestokkie of ‘n naald.
Vir elke koppie appelliefies, kook stroop van:
1/3 koppie suiker
2/3 koppie water
Sit die geprikte appelliefie in die kokende stroop en kook vir 5 minute in borrelende stroop.
Pak genoeg appelliefies in ‘n fles om fles propvol te maak.
Giet stroop oor tot bedek.
Skroef deksel op en laat afkoel.
Resep: Linda van Schalkwyk
ALIDA SE “LEMON CURD”


ALIDA SE “LEMON CURD”
5 groot suurlemoene se sap en skil, geraper
250 g botter
300 g strooisuiker
4 x groot eiers, geklits
Smelt botter en suiker en sap oor kookwater of bainmarine, sit van gesmelte mengsel straaltjie gewys by eiers terwyl jy klits met draad klitser.
Sit terug oor kook water en kook tot dik genoeg is om die lepel se rug te bedek.
Sit in flessies.
Resep geplaas deur Alida Siebert
Foto: Alida Siebert
NOTA: Pasop dat jou boonste bakkie waarin jy klits nie aan die kookwater in die onderste pot raak nie, dit moet net die stoom kry 🙂
GIDEON SE INGELEGDE KOEJAWELS



GIDEON SE INGELEGDE KOEJAWELS
Foto en resep: Gideon Louw
FOOD LOVERS RECIPES
Ekt ‘n bietjie koejawels ingelê en dit het baaaie mooi gekom.
3 kg koejawels, geskil en halveer
Gebruik een deel suiker op twee dele water en verhit tot die suiker opgelos is en bring tot kookpunt.
Voeg die geskilde koejawels by en bring weer tot kookpunt.
Kook dan vir 20 min tot net sag en nie pap nie en voeg 1 eetlepel suurlemoen sap by en roer liggies.
Bottel warm in gesteriliseerde flesse. Continue reading

