

HOE OM APPELLIEFIES IN TE MAAK
Prik al die appelliefies so 2 gaatjies met ‘n tandestokkie of ‘n naald.
Vir elke koppie appelliefies, kook stroop van:
1/3 koppie suiker
2/3 koppie water
Sit die geprikte appelliefie in die kokende stroop en kook vir 5 minute in borrelende stroop.
Pak genoeg appelliefies in ‘n fles om fles propvol te maak.
Giet stroop oor tot bedek.
Skroef deksel op en laat afkoel.
Resep: Linda van Schalkwyk






