

HETTIE SE SUURLEMOEN VERKWIKKER
10 -12 groot suurlemoene
2,5 kg suiker
15 ml sitroensuur
15 ml wynsteensuur
15 ml engelse sout
1,5 liter kookwater
Gooi gerasperde skil en sap in groot houer.
Gooi die suiker, sitroensuut, wynsteensuur en engelse sout bo-oor.
Gooi die kookwater oor en roer deeglik totdat suiker gesmelt het.
Laat stroop oornag staan.
Syg die stroop die volgende dag deur en gooi in gesteriliseerde bottels (ek gebruik wynbottels met skroef doppe) hierdie resep hoef nie in die yskas gebere te word nie.
Glo my ons drink nog aan die laaste bottel van verlede jaar.
So derde sap in glas gevul met water en ysblokkies – Heerlik!
Resep: Hettie Wells Berlyn






