


GIDEON SE INGELEGDE KOEJAWELS
Foto en resep: Gideon Louw
FOOD LOVERS RECIPES
Ekt ‘n bietjie koejawels ingelê en dit het baaaie mooi gekom.
3 kg koejawels, geskil en halveer
Gebruik een deel suiker op twee dele water en verhit tot die suiker opgelos is en bring tot kookpunt.
Voeg die geskilde koejawels by en bring weer tot kookpunt.
Kook dan vir 20 min tot net sag en nie pap nie en voeg 1 eetlepel suurlemoen sap by en roer liggies.
Bottel warm in gesteriliseerde flesse.
Ons het vanoggend ‘n bietjie koewawels ingele
2 kg geskilde en gehalveerde koejawels
1 kg suiker
1 liter water
Los die suiker in die water op deur die water stadig tot kookpunt te bring
Voeg die koejawels by en kook vir n verdere 5min moenie te lank kook nie dan raak dit papsag
Dit moet nog ferm wees
Bottel warm in gesteriliseerde flesse
Ons gebruik kleinerige flesse om sommer die potjie leeg te maak as dit eers oop is.







Geskuif met nuwe foto.