

SPINASIE, KAAS EN UIE BROOD
4 kp koek meel
1/2 kp suiker
ongeveer 3 teel sout
1 pakkie Yeast
1/2 hand vol gemende groen spesserye
2 koppies lou warm water
Maak jou deeg aan
Kap ‘n lekker groot ui op, jy kan spriet ui ook inkap.
Was jou spinasie mooi skoon en sny dit in repe.
Rasper so 2 koppies van jou gunsteling kaas, (ek gebruik lekker Cheddar en daai ou bleek enetjie dink dis Tassers soet melk).
Gooi alles by jou deeg en meng (knie) dit lekker in.
Voorverhit jou oond tot 180 grade C.
Laat jou deeg rys vir so ‘n uur of twee, knie dit af en dan sit jy die deeg in jou brood pan wat jy goed met spray en cook gespuit het.
Laat die deeg dan weer rys in die pan en dan sit jy nog kaas bo-op die broodjie en so ‘n paar uie ringe.
Bak vir ‘n uur en haal hom uit sodra hy gaar toets.
Foto: Marie Blom






