INGEMAAKTE APPELS


INGEMAAKTE APPELS
3 kg appels geskil en gesny, pitte verwyder.
Week vooraf in 10 ml sout per liter koue water vir 10 min.
Kook 2 liter water met 600 g suiker saam met heel stokkies kaneel na smaak vir 15 minute.
Voeg appels by, kook nog 10 minute.
Bottel warm.
Maak seker flesse vol tot bo en seël dadelik.
Ek het ‘n heel kruienaeltjie bygesit vir afwisseling.
Resep geplaas deur Nina Meyer
Foto: Nina Meyer




INLê VAN VARS KERSIES


INLê VAN VARS KERSIES
Lorma Naude  – Ek kook ‘n stroop van:
1 koppie suiker op 2 koppies water, afhangend van die soetheid van die kersie.
Sodra die suiker opgelos is, voeg ek die kersies by vir 5 minute en dan bottel ek dit.
(Ek werk asof ek gewone perskes sou inlê)

How to pickle cherries:
450 g morello cherries
¾ cup white sugar
1 ½ cup wine- or apple cider vinegar
6 whole clove spices

Rinse and drain the cherries, discarding any damaged ones and leaving the stems on. Pack them in a clean, dry jar.

Bring the vinegar, sugar and cloves to a boil. Lower the heat and allow the liquid to boil gently for 10 minutes. Allow it to cool in its pan. Pour the cooled vinegar over the cherries and put the lid on the jar. Store in a cool, dark place for 1 month before opening and eating.

The recipe may be multiplied as many times as you like. Don’t worry if at first the liquid doesn’t cover the cherries: just shake the jar a little for a few days. As the fruit releases its juice, the liquid level will rise and the fruit will submerge.

Eat the cherries as you would olives, as part of an appetizer or as a snack. The remaining liquid makes fabulous salad dressing, with olive oil, salt and a touch of garlic.
Once cured, the cherries will keep up to a year.
Ek het die resep gebruik en myne met wyn en suiker ingelê.
Foto:  Ineke Steyn




ANNATJIE SE KERRIE PERSKE ATJAR


ANNATJIE SE KERRIE PERSKE ATJAR
2 kg vars geel taaipitperskes, gesnipper
2 groot uie
3 knoffel huisies, gekap
1 klein brandrissie
15 ml koljanderkorrels
2 teelepels heel swart peperkorrels
5 ml gemaalde fyn gemmer
875 ml wit druiwe asyn of bruin
2 koppies bruin suiker
15 ml kerrie
2 teelepels borrie
5 ml sout
25 ml mielieblom

Neem 250 ml van die asyn en hou eenkant.
Gooi nou jou peper, gemmer en koljander by die asyn en verhit tot kookpunt.
Vermeng die oorblywende 250 ml  asyn, suiker, kerrie, mielieblom, sout en borrie voeg dit by die speserye mengsel tesame met uie, perskes, rissie en knoffel.
Roer goed deur en kook mengsel vir 15 tot 20 minute.
Bottel warm of spoel skoon gewaste bottels met asyn uit en bottel.
Foto: Annatjie Kotze




VIJGEN CHUTNEY


VIJGEN CHUTNEY
1 eetlepel zonnebloemolie
1 grote rode ui, gepeld en fijngehakt
2 centimeter verse gember, geschild en fijngehakt
120 gram bruine basterdsuiker
125 ml (appelcider)azijn
Sap en schil van 1 citroen
100 gram rozijnen, of ander gedroogd fruit
1,5 theelepel mosterdzaad
1 klein kaneelstokje
Snufje zout
Snufje gemalen kruidnagel
Snuf fijn gemalen rode peper
450 gram verse vijgen (kroontje eraf en in stukjes) of gewelde gedroogde vijgen

Verwarm in een grote pan de olie op middelhoog vuur. Bak hierin de uien totdat ze glazig zijn en blijf roeren. Dit duurt ongeveer tien minuutjes.
Voeg de resterende ingrediënten toe, behalve de vijgen. Laat dit mengsel ongeveer twintig minuten sudderen, voeg dan de vijgen toe en leg een deksel op de pan. Kook de vijgen nog vijf tot tien minuutjes mee, totdat ze zacht en gaar zijn.
Resep geplaas deur Annet Geelhoed
Foto: Annet Geelhoed




KOEJAWELS INLê


KOEJAWELS INLê
28 koejawels geskil en in helfte gesny en gekook nie te sag nie, want dit gaan weer verder in stroop gekook word.

Stroop
6 koppies water
3 koppies suiker
Kook stroop tot suiker opgelos is en voeg koejawels by en kook 15 tot 20 minute. (of korter)
Bottel warm
Resep en foto: Wilma Batt




HETTIE SE SUURLEMOEN VERKWIKKER


HETTIE SE SUURLEMOEN VERKWIKKER
10 -12 groot suurlemoene
2,5 kg suiker
15 ml sitroensuur
15 ml wynsteensuur
15 ml engelse sout
1,5 liter kookwater

Gooi gerasperde skil en sap in groot houer.
Gooi die suiker, sitroensuut, wynsteensuur en engelse sout bo-oor.
Gooi die kookwater oor en roer deeglik totdat suiker gesmelt het.
Laat stroop oornag staan.
Syg die stroop die volgende dag deur en gooi in gesteriliseerde bottels (ek gebruik wynbottels met skroef doppe) hierdie resep hoef nie in die yskas gebere te word nie.
Glo my ons drink nog aan die laaste bottel van verlede jaar.
So derde sap in glas gevul met water en ysblokkies – Heerlik!
Resep: Hettie Wells Berlyn




INGELEGDE KOEJAWELS MET GEMMER

INGELEGDE KOEJAWELS MET GEMMER
Ek het vandag paar wit koejawels ingelê.
20 wit koejawels
1  liter water
1 koppie suiker
1 teelepel sout
1 stukkie gemmer

Sny koejawels middeldeur in die breedte.
Kook die  liter water met die suiker, sout en gemmer.
Sodra die water opkook, sit  die koejawels in die kookwater.
Sodra dit begin kook, haal die koejawels uit en bottel in skoon, warm flesse.  Seël dadelik.

Nota:  Ek wou nie die koejawels té sag of té soet hê nie.
Foto: Mariette Heydenrych-Kotze




HOE OM APPELLIEFIES IN TE MAAK

HOE OM APPELLIEFIES IN TE MAAK
Prik al die appelliefies so 2 gaatjies met ‘n tandestokkie of ‘n naald.
Vir elke koppie appelliefies, kook stroop van:
1/3 koppie suiker
2/3 koppie water

Sit die geprikte appelliefie in die kokende stroop en kook vir 5 minute in borrelende stroop.
Pak genoeg appelliefies in ‘n fles om fles propvol te maak.
Giet stroop oor tot bedek.
Skroef deksel op en laat afkoel.
Resep:  Linda van Schalkwyk




ALIDA SE “LEMON CURD”

ALIDA SE “LEMON CURD”
5 groot suurlemoene se sap en skil, geraper
250 g botter
300 g strooisuiker
4 x groot eiers, geklits

Smelt botter en suiker en sap oor kookwater of bainmarine, sit van gesmelte mengsel straaltjie gewys by eiers terwyl jy klits met draad klitser.
Sit terug oor kook water en kook tot dik genoeg is om die lepel se rug te bedek.
Sit in flessies.
Resep geplaas deur Alida Siebert
Foto: Alida Siebert
NOTA:  Pasop dat jou boonste bakkie waarin jy klits nie aan die kookwater in die onderste pot raak nie, dit moet net die stoom kry 🙂




GIDEON SE INGELEGDE KOEJAWELS

GIDEON SE INGELEGDE KOEJAWELS
Foto en resep: Gideon Louw
FOOD LOVERS RECIPES
Ekt ‘n bietjie koejawels ingelê en dit het baaaie mooi gekom.
3 kg koejawels, geskil en halveer
Gebruik een deel suiker op twee dele water en verhit tot die suiker opgelos is en bring tot kookpunt.
Voeg die geskilde koejawels by en bring weer tot kookpunt.
Kook dan vir 20 min tot net sag en nie pap nie en voeg 1 eetlepel suurlemoen sap by en roer liggies.
Bottel warm in gesteriliseerde flesse.

Ons het vanoggend ‘n bietjie koewawels ingele
2 kg geskilde en gehalveerde koejawels
1 kg suiker
1 liter water

Los die suiker in die water op deur die water stadig tot kookpunt te bring
Voeg die koejawels by en kook vir n verdere 5min moenie te lank kook nie dan raak dit papsag
Dit moet nog ferm wees
Bottel warm in gesteriliseerde flesse
Ons gebruik kleinerige flesse om sommer die potjie leeg te maak as dit eers oop is.