

ANNATJIE SE KERRIE PERSKE ATJAR
2 kg vars geel taaipitperskes, gesnipper
2 groot uie
3 knoffel huisies, gekap
1 klein brandrissie
15 ml koljanderkorrels
2 teelepels heel swart peperkorrels
5 ml gemaalde fyn gemmer
875 ml wit druiwe asyn of bruin
2 koppies bruin suiker
15 ml kerrie
2 teelepels borrie
5 ml sout
25 ml mielieblom
Neem 250 ml van die asyn en hou eenkant.
Gooi nou jou peper, gemmer en koljander by die asyn en verhit tot kookpunt.
Vermeng die oorblywende 250 ml asyn, suiker, kerrie, mielieblom, sout en borrie voeg dit by die speserye mengsel tesame met uie, perskes, rissie en knoffel.
Roer goed deur en kook mengsel vir 15 tot 20 minute.
Bottel warm of spoel skoon gewaste bottels met asyn uit en bottel.
Foto: Annatjie Kotze






