

KARAMEL PIESANG VULSEL
3 piesangs, in wieletjies gesny
½ blik karamel vulsel
botter om piesang wieletjies in te braai
bietjie melk
Braai piesangwieletjies in ‘n bietjie botter . Voeg karamel vulsel, asook ‘n bietjie melk by om ‘n sousie te maak. Kook of braai goed deur.
Skep in middel van pannekoek, en vou op soos ‘n pakkie.
Foto en Resep:. Petre van Jaarsveld






