PLANT ‘N AVOKADO BOOM
Nou eers begin by die begin
As die geil, maar gesonde botterigheid van ‘n avokado (Persea americana) jou voete onder jou uitslaan, is dit tyd om een van dié immergroen subtropiese reuse te plant.
Dis ‘n klaaglied so oud soos die berge: My avokadoboom is groot en groen en gesond, maar dra dié wil hy nie. Die waarskynlikste redes hiervoor is:
• Jy het ‘n pit geplant: Bome wat van saad gekweek word, kan tot 15 jaar neem om te begin blom en vrugte dra (of selfs glad nie dra nie), terwyl geënte kwekerybome jou binne 3-4 jaar met vrugte sal beloon.
• Jy het die enigste boom in die buurt: Avokadobome dra perfekte blomme wat op verskillende tye eers vroulik is (dus stuifmeel “ontvang”) en daarna manlik (stuifmeel word vrygestel). Dis belangrik om in blomtyd al twee soorte blomme te hê om bestuiwing te verbeter. Hoe meer bome, hoe meer vreugde. Continue reading













