DROGING VAN GROENTE
Gebruik slegs jong sagte groente van baie goeie gehalte.
Pluk vroeg in oggende en maak deeglik skoon en bewerk dadelik.
Sny in groot stukke of skywe.
Blansjeer die groente voor droging.
Maak gebruik van die indompeling- of stoommetode.
SWAWELBEHANDELING:
Wanneer die indompelingmetode vir blansjering gebruik word kan die
Natrium-metabisulfiet reeds by die blansjeerwater gevoeg wor in ‘n konsentrasie van 1 tot .25% d.w.s. 3 tot 8g [1/10 tot ¼ ons] natrium-metabisulfiet op 2,5 liter water.
LET WEL: Uie en tamaties is die enigste groente wat glad nie hoef geswawel of geblansjeer word nie.
DROGING:
Dis belangrik dat groente vinnig moet droog. Werk dus liefs op warm dae.
Groente moet baie goed droog sodat geen vog agterbly nie.
Kunsmatige of oonddroging is suksesvolle metodes vir droog van groente.
Gedroogde groente hou ongeveer 6 maande goed, daarna verloor dit geur en smaak.
Vir droging gebruik ‘n houtraam met gaasdraad daaroor gespan.
Plaas dun lagies groente daarop.
Droog in die skaduwee waar daar ‘n trek is, byv. op ‘n stoep of onder ‘n afdak.
Indien enige twyfel bestaan of groente deeglik droog is, sprei die groente in dun lagie op ‘n bakplaat en verhit vir 15 minute in’n oond van 90 grade C. [180 grade F]
BERGING:
Aangesien gedroogde groente geneig is om weer vog te absorber, bêre dit in digte houers, byv. glasflesse, plastieksakke of blikke met digsluitende deksels.
In glasflesse of plastieksakke sal vog teen die kante kondenseer indien die groente nie goed droog is nie.
In so ‘n geval, plaas weer vir 15 minute op bakplaat in die oond op 90 grade C. [180 grade F].
GROENTE WAT SUKSESVOL GEDROOG KAN WORD:
Beet, Blomkool, Ertjies, Groenbone, Kopkool, Pampoen, Groenmielies, Spinasie, Seldery, Patats, Tamaties, Geelwortels, Rabarber en Aartappels