2 groot hoenderborsies
s& p
2 E botter plus nog 1 E botter
1 ui gekap
vars sampioene gesny
fyn pietersielie
half k witwyn
100 gr gorgonzola kaas
Rol blaardeeg
SOUS:
1 E botter
half E meel
half k room
sampioene
Kap hoenderborsies effens platter, gooi sout en peper oor. Braai ui in botter tot gekarimeldiseer. Skep uit. Braai sampioene. Skep uit. Braai hoederborsies in selfde botter effens.Skep borsies uit, Voeg wyn in pan, room en bietjie water, voeg fyngekapte sampioene by asook bietjie water. Kook tot dik. Plaas hoenderbosies op deeg, sit kaas, uie, en sampioene op. Vou deeg om soos ‘n pakkie, verf met eier en bak 30 min 180g C
Foto en resep: Martie Fourie Moolman









