AARTAPPELWYN
Skil 2 groot aartappels en rasper dit fyn.
Voeg daarby:
5 liter louwarm water
2 kg karamelsuiker
1 kg rosyne
350 g koringkorrels
die fyngerasperde skil en sap van 2 groot suurlemoene
30 g aktiewe droëgis.
Bedek die houer met ‘n doek en laat die mengsel gis. Roer dit af en toe. Syg die mengsel na 3 weke deur en bottel die filtraat. Die wyn sal na ‘n maand helder word. Voeg ‘n bietjie witsuiker by in elke bottel en kurk toe. Die wyn is nou reg om gedrink te word, maar hoe langer dit verouder, hoe lekkerder smaak dit.
Bron: Onthou jy nog? Anna Eksteen