HERB JELLIES-APPLE
Piquant herb jellies are versatile accompaniment to roast meats, poultry and game, cold cuts, and raised pork or game pies.
BASIC APPLE JUICE STOCK – BASIS TO MOST JELLIES
25 large cooking apples (about 5kg) washed and roughly cut up incl. peel and cores
10 cups water
10 cups distilled white vinegar. Continue reading
Category Archives: Allerlei / Miscellaneous
VERKOUE MENGSEL

VERKOUE MENGSEL
sap van 6 suurlemoene
1 hele knoffel
2 teelepels gemmerpoeier
2 eetlepels heuning
‘n groot blik pynappelstukke in stroop
¼ teelepel cayennepeper
Plaas al die bestanddele in ‘n versapper, meng tot alles fyn en glad is en drink. Dit proe verskriklik, maar hoe meer jy in kry hoe vinniger is jy gesond
Brineel Du Toit
GEDROOGTE SITRUSSKIL
Na die skille van lemoene, suurlemoene en nartjies goed afgespoel is, word die buitenste oranje of geel skil verwyder deur die vrugte stadig in die hand te draai en die skil met ‘n skerp mes of vrugteskiller in spriaalvorm af te sny. Gebruik ‘n dik naald en duntou en ryg die stukkies sitrusskil sowat 2.5cm van mekaar af in. Hang die respies op in die skadu en laat dit so 3 dae lank hang. Sodra dit heeltemal droog is, moet dit in n lugdigte houer gebêre word. So sal dit ‘n jaar lank goed hou..Sny in klein stukkies vir die gebruik in vrugtemengsels, of gebruik in groter stukke saam met vleisdisse ens.
ONS DEK TAFEL
Klick net op die foto om die uitleg te sien. So word ‘n tafel se eetgery en glase ge plaas
WITSOUS BÊREMENGSEL SONDER BOTTER


WITSOUS BÊREMENGSEL SONDER BOTTER
700 g (1.750 ml) melkpoeier
1000 ml meelblom
37,5 ml sout
Sif droë bestanddele saam en bêre in lugdigte flesse.
Meng nou:
250 ml bêremengsel met 60 ml koue water
Voeg by 200 ml kookwater.
Laat kook by lae temperatuur. Verdun verder met kookwater na verlangde dikte.
Voeg 100 ml gesmelte botter by vir elke 350 ml bêremengsel wat u gebruik.
Vir kaassous voeg 50 g gerasperde kaas (125 ml) by gaar mengsel.
Geur verder met aangemaakte mosterd en paprika.
Klaar gemaak!!
Maar meng sommer 300 ml water (lou) dadelik met jou 1 koppie bêremengsel en kook op lae hitte of mikrogolf terwyl jy baie gereeld roer. Voeg 1 eetlepel hoogvol botter by en verdun na dikte (proe vir sout).
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
ARGILLA REELS / RULES

ARGILLA REELS / RULES
Never preheat the oven when using Argilla Pottery!
NO water needed for veggies and meat!.
Time saving and very healthy!.
Die reels staan voor in die Agrilla boek, so ek hoop dit help.
Moet nie aan skokhitte blootstel nie.
Nie bo-op warm plate nie, slegs binne-in oonde met normale hitte.
Nie op “grill”nie, hitte van alle kante belangrik.
Nie gevriesde voedsel of vleis in ‘n warm oond nie, pot en oond moet saam warm word, nie hoer as 180ºC nie.
Nie koue water in warm pot nie, warm water in warm pot.
BOERSEEP



BOERSEEP
1,75 kg harde beesvet (uitgebraaide vet)
250 g seepsoda
1 liter koue water
50 ml sitroenella olie (of olie van keuse )
Smelt die vet in ‘n stainless steel kastrol en hou eenkant totdat dit redelik afgekoel het. Jy moet jou vinger vir 10 sekondes daarin kan hou sonder om te brand. Gooi die vlokkies seepsoda in ‘n erde emmertjie en gooi dan die koue water daarop en roer paar kere met houtlepel, sit die deksel bo-op en laat staan op ‘n veilige plek. Continue reading
OUMA MEELBOL


OUMA MEELBOL
Hierdie is g`n grap nie.Heel eerste moet jy die regte blik kry om die meel in te bak. Dit moet n blik wees met n metaal deksel. Ek weet nie of mens nog so `n blik kry nie. Ons het self Ouma Meelbol vir ons kinders gebak toe hulle klein was. Dis eintlik babapap.`n Lactogen of Klim blik was vroeë jare reg. Mens het bakpoeier ook in so n blik gekry.Die pap word gebruik vir babas maar is heerlik. Ek en Babsie het omtrent tou gestaan om die oorskiet van die kinders te kry. Jy meng die gaar meel met warm melk met bietjie suiker. Ek glo die resep vir die poeding of vla sal dieselfde meel gebruik. Continue reading
PARAFIEN WAKS
PARAFIEN WAKS
Ai hoe laat jy my terug dink aan my kinderdae,my ma het altyd van die kerswas en parafien in die huis gehad.
Ons het nie net dit aangesmeer in die winter nie, maar as hakskene net ‘n bietjie grof gelyk het, moes ons dit aan smeer en kouse aan trek. Werk soos ‘n bom. Ek maak dit nog steeds, hier volg die resep..
3 kerse gesmelt, voeg ongeveer ¼ koppie parafien by en roer baie goed. Dit moet sag wees, sodat dit maklik gemeer kan word. Dit ruik nie te lekker nie maar help.
(Margaret Swanepoel)
LEKKER SAGTE MARGARIEN


LEKKER SAGTE MARGARIEN
Neem 500 gm margarien
1 koppie koue water
1 koppie olie
1 teelepel sout
Laat die margarien sag word (nie in die son of mikrogolf nie) As dit sag genoeg is voeg die bestandele by en klits goed met elektriese klitser.
Jy sal 1kg. margarien kry. Dit kan net nie vir koekbak gebruik word nie. Dit is altyd sag om te smeer.
Geplaas deur Delene Lange Mostert
Foto: Jane Lerm





