


BOERSEEP
1,75 kg harde beesvet (uitgebraaide vet)
250 g seepsoda
1 liter koue water
50 ml sitroenella olie (of olie van keuse )
Smelt die vet in ‘n stainless steel kastrol en hou eenkant totdat dit redelik afgekoel het. Jy moet jou vinger vir 10 sekondes daarin kan hou sonder om te brand. Gooi die vlokkies seepsoda in ‘n erde emmertjie en gooi dan die koue water daarop en roer paar kere met houtlepel, sit die deksel bo-op en laat staan op ‘n veilige plek. Laat staan totdat dit min of meer dieselfde hitte het as die vet (as jy ‘n kook termometer het is dit ‘n pluspunt). Gooi nou die seepsodawater by die vet (en sitroenella olie) en roer totdat dit soos versuikerde heuning begin lyk ( dit vat nogals ‘n rukkie, maar moenie moedeloos word nie) gooi uit in ‘n vierkantige plastiek bak wat uitgevoer is met ‘n linnelap (die lap kan net die bodem bedek en lank genoeg wees dat jy vatplek het wanneer jy die seep uitkeer). Die mengsel behoort warmer te word as gevolg van ‘n chemiese reaksie. Sit die bak met die mengsel bo-op in hout broodplank met ‘n stainless steel skinkbord bo-oor die bak en bedek met swartsak en met ‘n kombers. Maak die seep laatmiddag en laat dit staan tot die volgende oggend. Maak die kante van die seep los van die bak en trek nou die lap aan weerskante stadig totdat dit loskom van die boom, keer die seep uit en merk die stene uit en sny met skerp mes. Laat staan vir ‘n week of wat voordat jy daarvan gebruik.Jy behoort 12 stene uit te sny van 8 x 7 cm en omtrent 3 cm dik.
NEEM ASB KENNIS: DIT IS BAIE GEVAARLIK OM MET SEEPSODA TE WERK, DRA BESKERMENDE KLERE EN MAAK SEKER DAT JY VERSIGTIG WERK.
Foto: Carrie Segar Malan
1ste foto: Johan Röntgen – Ek het dit gister probeer uit nuuskierigheid , Sandlewood olie vir reuk en bietjie koek kleursel vir die kleur bygesit







Ek sien absoluut geen waarskuwing nie.
Geen kwessie v hoe gevaarlik caustic soda (seepsoda) is nie
Niks van dat mens nie alliminium mag gebruik om d mensgel te meng nie anders veroorsaak dit fumes wat baie toksies is nie.
Geen sprake van hoe hoog d temp word v d seepsoda en watermengsel nie en dat die houer so hoë hitte moet kan vat nie.
Geen sprake van VEILIGHEIDSDRAG nie. Een spatsel kan jou vel Derdegraads Brandwonde gee. (Oor d chemie daarvan…nie tepraat v d hitte nie).
Geen sprake v wat kan gebeur as j die water by d seepsoda gooi nie. Dit kan ontplof in jou gesig. Caustic soda in jou onbeskermende gesig!!! Dit MOET andersom gedoen word. Seepsoda moet BY WATER gegooi word. ek herhaal….Nie andersom nie .
Ek skaam my dood dat die goed nie gesê word nie.
Geen sprake v dat as mens se seepsoda met 0,1g uit is, dat j dan n seep maak wat ‘lye-heavy’ is wat vel kan brand nie. So ek stel voor jy verstel d hoeveelheid sodat j n Superfat het v 1% om daai kans te verminder. As jy nie weet wat Superfat beteken nie…dan moet jy dalk eers gaan navors. Dis n uiterse gevaarlike resep wat mens nie v bewus van gemaak word watse gevare daar is en watse voorsorgmaatreëls getref moet word nie.
Dagvaarding wat wag om te gebeur. Iemand kan vieslik seer kry oor ‘jy hul nie v d gevare vertel het nie’….en dit maak jou ‘liable’
Asb stel dit reg voor iemand lelik seerkry.
Baie baie dankie dat jy ons waarsku oor al die gevare, en sou dit net baie waardeer het indien jy my dalk sou inbox om die situasie te bespreek, maar soos jy kan sien het van ons lede al die seep gekook met groot sukses en gelukkig was daar geen ongelukke nie. Ek wil dit net baie duidelik stel dat ek of die website nie verandwoordlike gehou kan word nie, as jy ‘n koek resep van ‘n website af maak en die koek flop kan jy tog sekerlik nie die website verantwoordlik hou daarvoor nie, of is ek dalk verkeerd?
Nogmaals dankie vir jou waarskuwing.