10 BAK EN BROU WENKE
Bestanddele is peperduur, en mens wil tog nie he jou klam sjokolade koek moet soos droog wurg beskuit afgaan nie.
OF hoekom proe my suurlemoentert dan nie soos tant Sannie s’n nie, ek het die resep dan by haar gekry?
1. Bestanddele MOET altyd vars wees. En as jy wil uithang, sorg dat jy die beste bestanddele gebruik al is dit ook bietjie duurder.
As jy jou vars koekmeel in houers gooi, skryf die datum met ‘n afvee-bare koukie pen op die houer.
2. Wanneer jy enige iets koop, sit jou leesbril op en kyk na die vervaldatum. Hoeveel brode het nie al NIE gerys nie en die suurdeeg was “vandag” gekoop nie?
Maak nie saak wanneer jy dit gekoop het nie, check die vervaldatum in die winkel ! Doen so met die meel en eiers en alles wat jy koop.
3. Wanneer die resep lees .. 250ml melk, MOENIE ‘n beker of een van jou koppies gebruik om af te meet nie OF erger nog, skat nie. Gebruik ‘n maatbeker en
en meet presies 250ml af. Twee teelepels bakpoeier, beteken 10ml. Ek het al dames gesien wat sommer 2 opgehoopte teelepels gebruik, dan rys die skons op die pannetjie.
4. Maak 100% seker jy het al die bestanddele in jou spens VOORDAT jy begin bak. Die resep lees 500ml suiker, skielik het jy net 300ml suiker, MOENIE
versiersuiker of bruinsuiker vir die ander 200ml gebruik nie. OF die resep se 4 eiers, manlief of die kinders het dalk al 2 geeet, en nou dink jy “ag ek gaan
maar net die 2 gebruik, dit sal nie skade doen nie” DIT DOEN. ‘n Resep is ‘n formule en jy moet by daai formule hou anders gaan dit inval of kluitjie raak ens.
5. Lou water is water waar jy jou vinger kan indruk en dit voel nie koud of warm nie. STERK louwater is warm water wat jy kan voel DIS nou warm. Dit is NIE kookwater nie.
6. As jou resep vra BOTTER gebruik botter en nie margarien nie. Baie resepte lees darem botter of margarien.
7. Maak seker jou oond werk reg.
8. Hou jou nuwe vars bestanddele vars deur hulle in ‘n lugdigte tupper houer te stoor met die datums opgeskryf.
9. LEES jou resep eers ten minste 2 maal deur voor jy enige iets begin doen en maak seker jy verstaan wat om te doen.
Nie hier en daar ‘n woord skiep nie. Lees hom, ek het op die harde manier geleer.
10. As jy al hierdie dinge doen, kan jou gebak nie flop nie. Lekker bak.
Petra Pretorius







