PARAFIEN WAKS
Ai hoe laat jy my terug dink aan my kinderdae,my ma het altyd van die kerswas en parafien in die huis gehad.
Ons het nie net dit aangesmeer in die winter nie, maar as hakskene net ‘n bietjie grof gelyk het, moes ons dit aan smeer en kouse aan trek. Werk soos ‘n bom. Ek maak dit nog steeds, hier volg die resep..
3 kerse gesmelt, voeg ongeveer ¼ koppie parafien by en roer baie goed. Dit moet sag wees, sodat dit maklik gemeer kan word. Dit ruik nie te lekker nie maar help.
(Margaret Swanepoel)








