

LEKKER SAGTE MARGARIEN
Neem 500 gm margarien
1 koppie koue water
1 koppie olie
1 teelepel sout
Laat die margarien sag word (nie in die son of mikrogolf nie) As dit sag genoeg is voeg die bestandele by en klits goed met elektriese klitser.
Jy sal 1kg. margarien kry. Dit kan net nie vir koekbak gebruik word nie. Dit is altyd sag om te smeer.
Geplaas deur Delene Lange Mostert
Foto: Jane Lerm







Marie Botes
Ek doen dit met botter, werk soos ‘n bom, dan het jy Butro. Gebruik gewone sonneblomolie, nie olyfolie nie.
Charmaine Lacroix Maak dit al jare veral as jy groot funksies met brood tafels het! Lekker sag om te smeer en waarde vir geld.