

RICE CRISPIES KOEKIES
3½ eetlepel botter
30 malvalekkers
4 koppies Rice Crispies
1 teelepel vanilla geursel
Smelt botter, voeg malvalekkers by en roer teen lae hitte. Continue reading→
Author Archives: Rina Kleinhans
What Is the Difference Between Baking Soda & Baking Powder?
Answer:
Both baking soda and baking powder are leavening agents, which means they are added to baked goods before cooking to produce carbon dioxide and cause them to ‘rise’. Baking powder contains baking soda, but the two substances are used under different conditions. Continue reading
MARSHMELLOW YSKASTERT
Enige tertkors, gebak of beskuitjies
1 groot pak Marshmallows
Kersies (opsioneel)
1 bakkie vars room
1 blikke kondensmelk
½ koppie suurlemoensap
Neem jou gaar kors of koekiekors en pak heel marshmallows daarin of sny marshmallows in kleiner stukkies. Kan kersies tussen in pak indien verkies) Klop room tot styf. Gooi kondensmelk
en suurlemoensap by. Meng alles baie goed. Giet in bak en sit in yskas om te stol.
BRON: Rina Kleinhans
Die kors van die nougat tart is heerlik hierby.
Shortcrust Pastry
1 cup plain flour
3 oz butter
2 tablespoons cold water
Put flour and butter in a food processor
wizz on a fast speed until they resemble breadcrumbs.
add COLD water
on a slower speed mix with a pulse action until it starts to come together.
Usually I roll out the shortcrust pastry and then cut to size, but this time I just pressed it into the pie dish with clean hands…
it took a while but I did not have to clean a rolling pin , and I didnt have leftover pastry!
Blind bake the crust at 180ºC for 15 min. Let it cooldown add the filling.
SUURLEMOENSTROOP


SUURLEMOENSTROOP
Met al die suurlemoene in voorraad is dit nou die kans om n lekker stroop te maak vir die somer.Die stroop maak 4.5 liter en kan tot 6 maande op die rak gebere word.
Maak aan 1 deel stroop en 3 dele water. Met sodawater is dit heerlik.
10 koppies vars uitgedrukte suurlemoensap
8 koppies suiker
Gooi die suiker en sap in kastrol en verhit to suiker gesmelt is en roer met houtlepel.Wanneer die stroop net begin borrel haal van plaat af en laat dit afkoel.Syg die stroop deur n doek en gooi in bottels. kurk toe.Maak die rand van die glas nat met stroop en doop in suiker en versier met n skyf suurlemoen. Heeeeeerlik Continue reading
FERM MAASKAAS VERSIERSEL
Ek kan vir julle se wat ek doen om my maaskaas ferm te kry.
Klits ‘n derde blok wit margerien( kamertemperatuur) tot glad en voeg die versiersuiker by. Meng die maaskaas lepel vir lepel by tot dit na jou smaak is, ‘n Eetlepel of twee melkpoeier stabiliseer ook loperige versiersuiker. Ek hoop dit help.
Idee Hester Booysen
PLAAS TERRIEN
Bedien saam met heel konfyt, melba brood of beskuitjies.
Genoeg as voorgereg vir 25 mense.
500 g streepspek
500 g varkmaalvleis
300 g beesmaalvleis
250 g gerookte varkspek – in dikkerige repe
1 kg hoenderlewers gemaal saam met ui – 750 g gemaal en 250 g heel
2 ontbeende ontvelde hoenderborsies in repe
3 snye brood, gekrummel
1 ui, gekap en gemaal saam met hoenderlewers
4 eetlepels botter, gesmelt
4 knoffelhuisies, gekap
1 teelepel gerasperde neutmuskaat Continue reading
VLEISPASTEITJIES MET SKON TIPE SLAPDEGIE
KUNSROOM


KUNSROOM
60 ml botter
60 ml kondensmelk
10 ml suurlemoensap
Klits alles goed saam tot lig en styf. Gebruik soos geklitse room.
Geplaas deur Rene Wessels
PRESIDENTSVERSIERSEL VIR TROU KOEKE
PRESIDENTSVERSIERSEL VIR TROU KOEKE
Hierdie versiersel raak nie kliphard en onsmaaklik nie
3 eierwitte
1 ½ lb versiersuiker (680 g)
3 oz skoon gliserine (85 g)
½ t Wynsteensuur (Tartaric Acid)
2 eetlepels kookwater
1 teelepel rooswater of vanilla geursel
Klits die eierwitte styf. Voeg die versiersuiker lepels gewys by en roer elke keer baie goed. Die geheim van ‘n goeie tekstuur lê in die aanmaak en veral die deeglike klits van die versiersel. ‘n Blakende wit versiersel van goeie tekstuur d.w.s. wat soos styfgeklitste room lyk, kan alleen verkry word as die versiersuiker deeglik ingeklits word en dit is weer alleen moontlik as daar nie meer as twee lepelsvol op ‘n slag bygeroer word nie. Die versiersuiker en eierwit moet nie net saamgevoeg word nie. Die suiker moet oplos en dit moet ‘n eenheid vorm. As die mengsel effens styf begin word, voeg die ander bestanddele by. Die hoeveelheid versiersuiker kan nie sekuur aangegee word nie, dit hang af van die grootte van die eiers. Dit moet nie te loperig wees sodat dit van die koek afloop as dit aan die kante gesmeer word nie
Bron: Food Lovers Recipes
GRANADILLASMEER
Granadillasmeer is ‘n heerlike vulsel vir doppies, laagkoek of tert. Dit kan ook op skons gesmeer word, of in ‘n mooi versierde flessie is ‘n baie welkom geskenkie.
Halveer 12 granadillas en skep die vleis uit.
Klits 3 eiers goed in die boonste deel van ‘n dubbel koker.
Voeg die granadillavleis, 200 g witsuiker en 50 g botter by.
Roer die mengsel deurentyd oor stadige kokende water tot dik.
Bottel die smeer warm en verseël dit wanneer koud.












