PRESIDENTSVERSIERSEL VIR TROU KOEKE
Hierdie versiersel raak nie kliphard en onsmaaklik nie
3 eierwitte
1 ½ lb versiersuiker
3 oz skoon gliserine
½ t Wynsteensuur (Tartaric Acid)
2 eetlepels kookwater
1 teelepel rooswater of vanilla geursel
Klits die eierwitte styf. Voeg die versiersuiker lepels gewys by en roer elke keer baie goed. Die geheim van ‘n goeie tekstuur le in die aanmaak en veral die deeglike iklits van die versiersel. ‘n Blakende wit versiersel van goeie tekstuur d.w.s. wat soos styfgeklitste room lyk, kan alleen verkry word as die versiersuiker deeglik ingeklits word en dit is weer alleen moontlik as d
aar nie meer as twee lepelsvol op ‘n slag bygeroer word nie. Die versiersuiker en eierwit moet nie net saamgevoeg word nie. Die suiker moet oplos en dit moet ‘n eenheid vorm. As die mengsel effens styf begin word, voeg die ander bestanddele by. Die hoeveelheid versiersuiker kan die sekuur aangegee word nie, dit hang af van die grootte van die eiers. Dit moet nie te loperig wees sodat dit van die koek afloop as dit aan die kante
gesmeer word nie
Bron: Food Lovers Recipes