PRESIDENTSVERSIERSEL VIR TROU KOEKE
PRESIDENTSVERSIERSEL VIR TROU KOEKE
Hierdie versiersel raak nie kliphard en onsmaaklik nie
3 eierwitte
1 ½ lb versiersuiker (680 g)
3 oz skoon gliserine (85 g)
½ t Wynsteensuur (Tartaric Acid)
2 eetlepels kookwater
1 teelepel rooswater of vanilla geursel
Klits die eierwitte styf. Voeg die versiersuiker lepels gewys by en roer elke keer baie goed. Die geheim van ‘n goeie tekstuur lê in die aanmaak en veral die deeglike klits van die versiersel. ‘n Blakende wit versiersel van goeie tekstuur d.w.s. wat soos styfgeklitste room lyk, kan alleen verkry word as die versiersuiker deeglik ingeklits word en dit is weer alleen moontlik as daar nie meer as twee lepelsvol op ‘n slag bygeroer word nie. Die versiersuiker en eierwit moet nie net saamgevoeg word nie. Die suiker moet oplos en dit moet ‘n eenheid vorm. As die mengsel effens styf begin word, voeg die ander bestanddele by. Die hoeveelheid versiersuiker kan nie sekuur aangegee word nie, dit hang af van die grootte van die eiers. Dit moet nie te loperig wees sodat dit van die koek afloop as dit aan die kante gesmeer word nie
Bron: Food Lovers Recipes

