Granadillasmeer is ‘n heerlike vulsel vir doppies, laagkoek of tert. Dit kan ook op skons gesmeer word, of in ‘n mooi versierde flessie is ‘n baie welkom geskenkie.
Halveer 12 granadillas en skep die vleis uit.
Klits 3 eiers goed in die boonste deel van ‘n dubbel koker.
Voeg die granadillavleis, 200 g witsuiker en 50 g botter by.
Roer die mengsel deurentyd oor stadige kokende water tot dik.
Bottel die smeer warm en verseël dit wanneer koud.








