RICE CRISPIES KOEKIES

rice krispie koekiestested
RICE CRISPIES KOEKIES
3½ eetlepel botter
30 malvalekkers
4 koppies Rice Crispies
1 teelepel vanilla geursel
Smelt botter, voeg malvalekkers by en roer teen lae hitte.
Vat pot weg van hitte en voeg vanilla geursel by en roer.
Voeg Rice Crispies by en roer goed.
Skep uit in ‘n voorbereide bak, en maak gelyk bo-op.
Wag tot afgekoel en sny in blokkies.

Resep:  Carin Ras Wilson
Foto: Liesl de Weerd




What Is the Difference Between Baking Soda & Baking Powder?

baking soda

Answer:
Both baking soda and baking powder are leavening agents, which means they are added to baked goods before cooking to produce carbon dioxide and cause them to ‘rise’. Baking powder contains baking soda, but the two substances are used under different conditions.

Baking Soda

Baking soda is pure sodium bicarbonate. When baking soda is combined with moisture and an acidic ingredient (e.g., yogurt, chocolate, buttermilk, honey), the resulting chemical reaction produces bubbles of carbon dioxide that expand under oven temperatures, causing baked goods to rise. The reaction begins immediately upon mixing the ingredients, so you need to bake recipes which call for baking soda immediately, or else they will fall flat!




MARSHMELLOW YSKASTERT

malvalekker tert marelize
MARSHMELLOW YSKASTERT

Enige tertkors, gebak of beskuitjies
1 groot pak Marshmallows
Kersies (opsioneel)
1 bakkie vars room
1 blikke kondensmelk
½ koppie suurlemoensap

Neem jou gaar kors of koekiekors en pak heel marshmallows daarin of sny marshmallows in kleiner stukkies. Kan kersies tussen in pak indien verkies) Klop room tot styf. Gooi kondensmelk
en suurlemoensap by. Meng alles baie goed. Giet in bak en sit in yskas om te stol.

BRON:  Rina Kleinhans

Die kors van die nougat tart is heerlik hierby.
Shortcrust Pastry
1 cup plain flour
3 oz butter
2 tablespoons cold water
Put flour and butter in a food processor
wizz on a fast speed until they resemble breadcrumbs.
add COLD water
on a slower speed mix with a pulse action until it starts to come together.
Usually I roll out the shortcrust pastry and then cut to size, but this time I just pressed it into the pie dish with clean hands…
it took a while but I did not have to clean a rolling pin , and I didnt have leftover pastry!
Blind bake the crust at 180ºC for 15 min.  Let it cooldown add the filling.

 




SUURLEMOENSTROOP

SUURLEMOENSTROOP
Met al die suurlemoene in voorraad is dit nou die kans om n lekker stroop te maak vir die somer.Die stroop maak 4.5 liter en kan tot 6 maande op die rak gebere word.
Maak aan 1 deel stroop en 3 dele water. Met sodawater is dit heerlik.
10 koppies vars uitgedrukte suurlemoensap
8 koppies suiker

Gooi die suiker en sap in kastrol en verhit to suiker gesmelt is en roer met houtlepel.Wanneer die stroop net begin borrel haal van plaat af en laat dit afkoel.Syg die stroop deur n doek en gooi in bottels. kurk toe.Maak die rand van die glas nat met stroop en doop in suiker en versier met n skyf suurlemoen. Heeeeeerlik

Resep:  JOEY KRUGER

Fienie van Wyk –
N lekker dorslesser is n skyfie suurlemoen, 2 snytjies komkommer en n dun skyfie gemmer in n bierbeker, voeg ys en water by en top jou beker heeldag op! No suger needed!

Rina Kleinhans –
8 glase water en sap van 5 suurlemoene en dan sit jy heuning by tot dit net bietjie minder suur is, ek gebruik versoeter.. drink sommer lekker koud met ysblokkies.. jy kan mint en gemmerwortel ook insit as jy daarvan hou

Petro Borchard –
Hierdie is hoe ek myne maak : Vir elke 1 liter suurlemoensap (gefiltreer as jy nie die vliesies in wil hê nie) meng met 750 ml tot 1 kg suiker afhangend van hoe soet jy dit wil hê. Los suiker op, bring net tot kookpunt en bottel. Dit hou vir maande so op die rak. Meng met water of sodawater en gooi ‘n skyfie suurlemoen in vir die mooi. Dis selfs nog lekkerder met ‘n skoot bitters.

Munir Husan –
Ek vat n een liter jug vul met water een suurlemoen uitgedruk in die water en 3 eetlepels bruinsuiker dan sit ek ysblokkies in en bere in yskas vir gebruik. Dis regtig lekker en breuk dadelik die hite van binne




FERM MAASKAAS VERSIERSEL

jaco se wortelkoektested
FERM MAASKAAS VERSIERSEL

Ek kan vir julle se wat ek doen om my maaskaas ferm te kry.
Klits ‘n derde blok wit margerien( kamertemperatuur) tot glad en voeg die versiersuiker by. Meng die maaskaas lepel vir lepel by tot dit na jou smaak is, ‘n Eetlepel of twee melkpoeier stabiliseer ook loperige versiersuiker. Ek hoop dit help.

Idee Hester Booysen

Die hoof bestanddeel vir die vulsels is gewone roomkaas. Onderste een het geroosterde klapper ook in, middelste amandel geursel en bo is my gewone mengsel met geroosterde pekanneute. Maak die neute sagter vir sny en bring die olie uit die neute uit wat die smake laat komplimenteer met mekaar.

foto: Jaco Bester




PLAAS TERRIEN

 

plaasterientestedplaas terrien martie
PLAAS TERRIEN

Bedien saam met heel konfyt, melba brood of beskuitjies.
Genoeg as voorgereg vir 25 mense.
500 g streepspek
500 g varkmaalvleis
300 g beesmaalvleis
250 g gerookte varkspek – in dikkerige repe
1 kg hoenderlewers gemaal saam met ui – 750 g gemaal en 250 g heel
2 ontbeende ontvelde hoenderborsies in repe
3 snye brood, gekrummel
1 ui, gekap en gemaal saam met hoenderlewers
4 eetlepels botter, gesmelt
4 knoffelhuisies, gekap
1 teelepel gerasperde neutmuskaat
½ teelepel fyn naeltjies
gekapte tiemie
4 groot eiers
sout en peper
pistasio neute, opsioneel
3 eetlepels brandewyn
3 eetlepels port

Voer groot broodpan uit met spek.
Maal 750 g hoenderlewers saam ui en knoffel.
Meng vark, bees en hoenderlewer maalvleis.
Geur met sout en peper, naeltjies, neut en tiemie.
Voeg broodkrummels, botter en eiers by.
Pak ander bestanddele in lae in uitgevoerde pan.
Maak toe met foelie en bak in waterbad vir plus minus 1½ uur by 180°C.
Gooi water wat gevorm is af.
Pars oornag en plaas in yskas.
Sny in skywe.

VARIASIE – EEND

Foto 1: Hierdie is maar basies soos ek die plaas terrine maak. Ek het net gerookte spek buite omgesit en die hoenderlewers met eend en die hoenderborsies met eendborsies vervang.
Foto 2: Hierdie keer het ek skaap tongetjies in die middel gesit wat Tereza vir my van die Karoo afgebring het.
Kook die skaaptongetjies in water met speserye en kruie na smaak, trek die velletjies af wanneer gaar en gebruik.
Foto’s:  Martie Fourie Moolman




VLEISPASTEITJIES MET SKON TIPE SLAPDEGIE

skon tipe degie pasteitjies 2testedskontipe degie

VLEISPASTEITJIES MET SKON TIPE SLAPDEGIE
Maak maalvleis gaar met chutney, uie ens.
Deeg:
Klits saam:
¾ koppie melk
½ koppie olie (en neem minder, en dit is net so lekker)
2 eiers
1 koppie koekmeel
3 teelepels bakpoeier
¼ teelepel sout
1 teelepel Aromat

Meng alles goed saam.
Deeg bietjie dikker as pannekoek deeg.
Spuit kolwyntjie pannetjies.
Skep lepel vol deeg onder in.
Skep dan een lepel vulsels in (maalvleis klaar gaar).
Skep dan weer deeg op om die maalvleis te bedek.
Bak ongeveer 15 min tot ligbruin (180 grade C).
Maak net seker jou maalvleis is nie te souserig nie, want dit maak jou deeg pap. Geniet. Heerlik koud ook, pak dit graag in kosblik, ook sommer lekker vir ‘n “snack”. Hou dit in die yskas vir die kinders as hul wil peusel.
Foto: Lelane Van Der Walt‎, Elizabeth Margaret Hendrikz en Diane Roode Hancox

Sous (Opsioneel ekstra)
Braai uie en knoffel in botter tot lekker sag.
Voeg bisto by om ‘n dik sous te maak.
Ek het ‘n bietjie vars room en melk bygevoeg vir ‘n romerige tekstuur. (dit maak ook die sous ‘n ligter kleur)
Bedien met aartappelskyfies en geniet!!
Foto en resep: Marina Hiscock




KUNSROOM

KUNSROOM
60 ml botter
60 ml kondensmelk
10 ml suurlemoensap

Klits alles goed saam tot lig en styf. Gebruik soos geklitse room.

Geplaas deur Rene Wessels




PRESIDENTSVERSIERSEL VIR TROU KOEKE

WEDDING CAKEtested

PRESIDENTSVERSIERSEL VIR TROU KOEKE

Hierdie versiersel raak nie kliphard en onsmaaklik nie
3 eierwitte
1 ½ lb versiersuiker (680 g)
3 oz skoon gliserine (85 g)
½ t Wynsteensuur (Tartaric Acid)
2 eetlepels kookwater
1 teelepel rooswater of vanilla geursel
Klits die eierwitte styf. Voeg die versiersuiker lepels gewys by en roer elke keer baie goed. Die geheim van ‘n goeie tekstuur lê in die aanmaak en veral die deeglike klits van die versiersel. ‘n Blakende wit versiersel van goeie tekstuur d.w.s. wat soos styfgeklitste room lyk, kan alleen verkry word as die versiersuiker deeglik ingeklits word en dit is weer alleen moontlik as daar nie meer as twee lepelsvol op ‘n slag bygeroer word nie. Die versiersuiker en eierwit moet nie net saamgevoeg word nie. Die suiker moet oplos en dit moet ‘n eenheid vorm. As die mengsel effens styf begin word, voeg die ander bestanddele by. Die hoeveelheid versiersuiker kan nie sekuur aangegee word nie, dit hang af van die grootte van die eiers. Dit moet nie te loperig wees sodat dit van die koek afloop as dit aan die kante gesmeer word nie

Bron:  Food Lovers Recipes




GRANADILLASMEER

piesang grenadella koek

GRANADILLASMEER

Granadillasmeer is ‘n heerlike vulsel vir doppies, laagkoek of tert. Dit kan ook op skons gesmeer word, of in ‘n mooi versierde flessie is ‘n baie welkom geskenkie.
Halveer 12 granadillas en skep die vleis uit.
Klits 3 eiers goed in die boonste deel van ‘n dubbel koker.
Voeg die granadillavleis, 200 g witsuiker en 50 g botter by.
Roer die mengsel deurentyd oor stadige kokende water tot dik.
Bottel die smeer warm en verseël dit wanneer koud.