190 ml (3/4 k) botter of margarien
190 ml (3/4 k) suiker
125 ml (1/2 k) gouestroop
5 ml (1 t) koeksoda opgelos in 100 ml (2/5 k) melk
15 ml (1 e) koffie-ekstrak Continue reading

HOW TO GLAZE A CAKE
For a chic finish for your cake, try this glazing technique.
1 and 2/3 cups (250 g) pure icing sugar, sifted
Warm water Continue reading→


VOLMAAKTE DEEG VIR DUN KORS VIR QUICHE
400 g koekmeel
200 g botter, gesout (moet koud wees)
net minder as 100 ml water
Plaas in blender en sit aan totdat die tekstuur soos fyn krummels lyk.
Maak ‘n holte in die middel van die mengsel en gooi 2 derdes water in. Gebruik jou vingers as ‘n ‘whisk’ en meng die water deur.
Voeg dan res van water by en meng goed in met hande totdat dit ‘n bal vorm. Bietjie meel op die tafel en druk dit bymekaar tot ‘n bal wat mooi rond is. Laat rus in die yskas sommer toegedraai in glad wrap sodat dit kan koel word. Sit weer op die tafel. Strooi meel op tafel deeg bal bo op. Vat deeg roller en druk die deeg platter met ligte drukkies. Draai deeg en druk weer platter. Sal krake op die kante maak, maar druk dit net weer in plek met vingers. Begin dan rol. Rol lekker dun uit en gebruik as kors in die quiche pan.
Resep geplaas deur Jaco Bester

VERKOUE MENGSEL
sap van 6 suurlemoene
1 hele knoffel
2 teelepels gemmerpoeier
2 eetlepels heuning
‘n groot blik pynappelstukke in stroop
¼ teelepel cayennepeper
Plaas al die bestanddele in ‘n versapper, meng tot alles fyn en glad is en drink. Dit proe verskriklik, maar hoe meer jy in kry hoe vinniger is jy gesond
Brineel Du Toit
MIKROGOLF SJOKOLADE KOEK MET GANACHE EN VARIASIES
Foto en resep geplaas deur Melissa Ann Vermeulen
Hierdie is seker die maklikste en lekkerste koek wat ek nog in mikrogolf gebak het. Veerlig en klam en as jy eers hierdie resep gebruik, dan kan jy dit as basies gebruik vir enige ander koek om te bak, deur net seker bestanddele te vervang.
Vir mikrogolf van 600/650 watt is die tyd 7 – 8 minute en vir mikrogolwe met hoër watt 6 minute. Onthou die koek bak nog verder in die staantyd. Dis ook ‘n redelike slap deeg, maar dit is heeltemal reg dat dit so moet wees. Continue reading→


EIERVRUG DOOPSOUS
Sit heel eiervrug in die oond op 180ºC tot baie sag.
Haal versigtig uit en laat afkoel.
Sny die eirvrug in die helfte, en haal al die vlees uit.
Sit in menger en pols tot fyn.
Sout en peper en enige spesery na smaak.
½ suurlemoen se sap
Mayonnaise
Meng goed saam en en dien op met crisps.
Resep: Sharon Gien-Cambier
EIERVRUG BLATJANG
3 groot eiervrugte, geskil en in blokkies gesny
15 ml borrie
6 tamaties, geskil en in blokkies gesny
5 ml sout
1 groen rissie, in blokkies
250 ml kookolie
4 koppies suiker
45 ml mielieblom(vir laaste)
750 ml witdruiwe asyn
30 ml kerriepoeier
6 uie, geskil en in blokkies Continue reading→
KNOFFEL MOSSELS IN ROOM
250 ml room
250 ml wit wyn
1 teelepel Aromat
2 eetlepels crushed garlic
Meng tesaam in ‘n diep pan en bring tot kookpunt.
Plaas dan ± 20 mossels in pan en kook vinnig vir ± 8 min.
Pak dan uit op foelie met oop kante bo.
Gooi knoffel en wyn reste van pan oor mossels, rasper Mozzarela kaas oor.
Grill tot kaas begin bruin word en siedaar whalah!
Resep en foto: Gideon Louw
You cannot copy content of this page
