EIERVRUG BLATJANG
3 groot eiervrugte, geskil en in blokkies gesny
15 ml borrie
6 tamaties, geskil en in blokkies gesny
5 ml sout
1 groen rissie, in blokkies
250 ml kookolie
4 koppies suiker
45 ml mielieblom(vir laaste)
750 ml witdruiwe asyn
30 ml kerriepoeier
6 uie, geskil en in blokkies
Sprinkel eiervrug met sout en plaas in bak vir ongeveer 1-2 uur. Spoel deeglik met skoon water af.
Braai tamatie- uie en groenrissie in olie(net genoeg olie vir braai) tot uie begin sag word.
Gooi mengsel in kastrol en voeg eiervrug blokkies en res van die bestanddele (behalwe mielieblom) gooi ook res van die olie by en laat opkook.
Kook matig tot eiervrug sag is, en meeste vloeistof weggekook het. Maak mielieblom aan met bietjie water, voeg by mengsel en roer deeglik tot verdik. Skep in gesteriliseerde flesse en verseël dadelik. Lewer ongeveer 1,8l blatjang. (Jy kan meer suiker ingooi as jy dit soeter wil hê) praat as jy vashak.
Resep geplaas deur Veda Harris-Coetzer
Foto: Benhet Nieuwenhuis







Benhet Nieuwenhuis
WOW DIT IS NOU WRAGGIES LEKKER!!!!!!!!!!!!!