

VOLMAAKTE DEEG VIR DUN KORS VIR QUICHE
400 g koekmeel
200 g botter, gesout (moet koud wees)
net minder as 100 ml water
Plaas in blender en sit aan totdat die tekstuur soos fyn krummels lyk.
Maak ‘n holte in die middel van die mengsel en gooi 2 derdes water in. Gebruik jou vingers as ‘n ‘whisk’ en meng die water deur.
Voeg dan res van water by en meng goed in met hande totdat dit ‘n bal vorm. Bietjie meel op die tafel en druk dit bymekaar tot ‘n bal wat mooi rond is. Laat rus in die yskas sommer toegedraai in glad wrap sodat dit kan koel word. Sit weer op die tafel. Strooi meel op tafel deeg bal bo op. Vat deeg roller en druk die deeg platter met ligte drukkies. Draai deeg en druk weer platter. Sal krake op die kante maak, maar druk dit net weer in plek met vingers. Begin dan rol. Rol lekker dun uit en gebruik as kors in die quiche pan.
Resep geplaas deur Jaco Bester






