1 large can of tuna
1/2 cup parsley chopped
2 tomatoes diced
2 cucumbers diced
1 chilli
1 lemon juiced
1 tbs olive oil
Salt and pepper to taste
BRON – Di Bo
KREEF POT – CHOWDER
Hier is nog ‘n ander reseppie wat ons familie al gemaak het. Die bron weet ek nie so lekker van nie, want dit is aangestuur deur familie terwyl ek in SA op vakansie was in Transkei – Wildekus waar ons vars kreef en ander seekos daagliks gekry het
62.5g – 1/4k botter
1 bossie gekapte spriet uie
900g kreef of meer (hang af hoeveel jy het hoe baie jy daarvan hou)
2 blikke cream of chicken sop
1 blik cream of mushroom sop
½ houer salmon cream cheese (ongeveer 125g) Continue reading→
CRUMBED MUSHROOM
Ek vat klein button mushrooms. Klits eier met bietjie sout in, maak mengsel van brood krummels, sout, barbeque spice en gemengde kruie. Dip mushrooms in eier, dan rol in krummels en deep fry saam ‘n lekker tartare sousie, en dit is ook maklik om te maak. Ek ‘n koppie mayo, meng met bietjie mosterd poeier, kap ‘n paar gerkins, ui, en wortel baie baie fyn, as jy dit kan blend nog beter en meng met mayo mengsel.
BRON – Tanya Erasmus
Elsonia Badenhorst – Jy kan fyn Mariebeskuitjies oor gebruik vir die crumbs baie lekker…
Marlene Minderon – Ek vat mushrooms, gooi in zipplock sakkie met meel. Skud goed, vat dan eier geklits in diep bakkie, doop mushrooms daarin en sit dan in sakkie met broodkrummels. Bedek elkeen so in sit in bord in yskas tot jy dit bak in diep olie.


FYNGEMAAKTE BLOMKOOL- EN SPINASIEGEREG
Geen groot ingewing en geen besondere resep nie, maar dit lyk en proe beter as “blomkool-mash”
1 groot rooi of wit ui, gekap
Olie om ui te braai
2 eetlepels balsamiese asyn
1 eetlepel (of minder) bruinsuiker
1 kg blomkool, opgebreek
300 g baba-spinasie
1/2 koppie water — of meer, besluit self
1 teelepel fyn neutmuskaat
2 teelepels seesoutvlokkies Continue reading→
250 gram botter
Twee groot op gehoopte eet lepels crushed Garlic
Smelt die botter en voeg knoffel by
Braai knoffel in die botter
Plaas aartappels in plat bak.
Gooi die knoffel ,botter mengsel oor die aartappels en bak in oond tot aartapprels 100% gaar is.
Roer gedurig die aartappels in die knoffel , botter mengsel. Continue reading→
SEEKOS POTJIE OOR DIE KOLE
Ek het toe die verlore seekospotjie se resep opgespoor. Ons maak dit gewoonlik op die vuur in ‘n swartboom pot, maar enige manier sal werk. Geniet dit. Onthou met baie van my resepte, kan jy maar speel met die hoeveelhede en bestanddele. Hier is dit ook die geval. Hier is ‘n groot hoeveelheid kos maar so lekker, en daar is gewoonlik niks oor vir die volgende dag nie!!!
10 gesnipperde uie
2 pakkies gesnyde sampioene
2 pakke seekos (of vars as jy kan kry, en net wat jou hart begeer) Continue reading→


WENKE VIR DIE GAARMAAK VAN EIERVRUG
Kobus Malherbe – Dagse. Iemand wat dalk vir my kan sê wat ek met eiervrug kan maak
Ané Reinhardt – Ons maak dit as bygereg: Ons skil dit, sny dit in ringe, gooi bietjie sout oor. Dan doop ons dit in meel, dan geklitste eier en dan weer meel (soos wat jy steak met kombersies maak) en dan braai ons dit in ‘n pan tot bruin aan beide kante. Sout en peper na smaak daarna.
Mariaan Visser – Ek maak kerrie met myne. Heerlik. Ek begin soos gewone kerrie. Braai uie en sit al die speserye in en braai saam met uie. Kerrie, borrie, fyn koljander, cumin, naeltjies, pypkaneel, gemmer, kerrieblare. Skli en sny tamaties en voeg by uie mengsel. Skli en sny bringel in blokkies. Skli aartappels en sny in blokkies. Voeg nou bringel en aartappels by eerste mengsel. Kook tot alles lekker sag is. Bedien met rys. Lekker vegetaries. Ek is n diabeet en maak dit gereeld vir myself. Ek laat die rys weg en eet dit net so alleen. Baie vullend en gesond en hou die suiker laag. Continue reading→

AARTAPPELSLAAI SONDER MAYONNAISE
Petronella De Lange Brynard – Middag, het enige iemand vir my ‘n aartappelslaai resep sonder mayonnaise asb?
Robert van Dijk – Griekse yogurt?
Annetjie Laughland – Ek braai gewoonlik blokkies gesnyde aartappels net in botter. Dis vir my lekkerder as met mayonnaise.
Sandra Du Preez Thirion – Klein baba aartappeltjies, bacon, sprietuie en honey en mustard slaaisous. Continue reading→
Heerlike piesangbrode gebak. Weet nie aan wie behoort resep. Het dit een slag jare terug van internet afgehaal.
Alle bestanddele moet kamer temperatuur wees:
8 ryp piesangs fyn gedruk (500ml)
10ml Koeksoda
5ml sout
250g Margarien
6 Ekstragroot eiers
10ml Bakpoeier
5 x 250ml koekmeel
500ml Water (koud)
750ml Suiker Continue reading→

Nadia Dignas – Hallo almal. Ek het jul hulp nodig. Ek het Butternut en Bacon wat gebruik moet word. Het iemand dalk ‘n lekker resep vir my? Byvoorbaat dankie!
Jenny Conradie Fernandez – Sit butternut in helfde gesny met 2 uie in skill en oond en bak tot sag. Haal dan butternut se vleis uit gooi in blender en uie ook, dan maak jy daarvan liqued gooi sout en peper tot smaak by en Een koppie room, meng goed. Braai bacon en wanneer jy opskeep vir Mense, spinkel die gebraaide bacon oor die sop
Anmy Kitshoff – Jy kan ook die bacon bo oor skywe butternut pak, met gekapte spinasie en n pakkie wit uiesop. Bak in oond
You cannot copy content of this page
