Tuna Salad

 

Tuna saladtested

1 large can of tuna
1/2 cup parsley chopped
2 tomatoes diced
2 cucumbers diced
1 chilli
1 lemon juiced
1 tbs olive oil
Salt and pepper to taste
BRON – Di Bo




KREEF POT – CHOWDER

Crayfish chowdertested

KREEF POT – CHOWDER
Hier is nog ‘n ander reseppie wat ons familie al gemaak het. Die bron weet ek nie so lekker van nie, want dit is aangestuur deur familie terwyl ek in SA op vakansie was in Transkei – Wildekus waar ons vars kreef en ander seekos daagliks gekry het
62.5g – 1/4k botter
1 bossie gekapte spriet uie
900g kreef of meer (hang af hoeveel jy het hoe baie jy daarvan hou)
2 blikke cream of chicken sop
1 blik cream of mushroom sop
½ houer salmon cream cheese (ongeveer 125g)
250 ml room
½t paprika
1 pak bacon
2 blikke gerookte mossels
4 stukke hake (by gebrek aan nog kreef)
handvol heel kreefpote vir smaak

Smoor sprietuie in bietjie botter, skep uit
Voeg nog botter by in pan en braai bacon, kreef, vis en mossels almal apart van mekaar liggies in botter.
± 5 minute vir kreef en vis, dit moet nie oorgaar wees nie.
Oor lae hitte, verhit soppe en roomkaas, en voeg alle ander bestanddele by en prut vir ongeveer 5 minute.
Voeg room laaste by en verhit
BRON – Esme Slabbert




CRUMBED MUSHROOM

tested

CRUMBED MUSHROOM
Ek vat klein button mushrooms. Klits eier met bietjie sout in, maak mengsel van brood krummels, sout, barbeque spice en gemengde kruie. Dip mushrooms in eier, dan rol in krummels en deep fry saam ‘n lekker tartare sousie, en dit is ook maklik om te maak. Ek ‘n koppie mayo, meng met bietjie mosterd poeier, kap ‘n paar gerkins, ui, en wortel baie baie fyn, as jy dit kan blend nog beter en meng met mayo mengsel.

BRON – Tanya Erasmus

Elsonia Badenhorst – Jy kan fyn Mariebeskuitjies oor gebruik vir die crumbs baie lekker…

Marlene Minderon  – Ek vat mushrooms, gooi in zipplock sakkie met meel. Skud goed, vat dan eier geklits in diep bakkie, doop mushrooms daarin en sit dan in sakkie met broodkrummels. Bedek elkeen so in sit in bord in yskas tot jy dit bak in diep olie.




FYNGEMAAKTE BLOMKOOL- EN SPINASIEGEREG

Fyngemaakte Blomkool-en Spinasiegeregtested
FYNGEMAAKTE BLOMKOOL- EN SPINASIEGEREG
Geen groot ingewing en geen besondere resep nie, maar dit lyk en proe beter as “blomkool-mash”
1 groot rooi of wit ui, gekap
Olie om ui te braai
2 eetlepels balsamiese asyn
1 eetlepel (of minder) bruinsuiker
1 kg blomkool, opgebreek
300 g baba-spinasie
1/2 koppie water — of meer, besluit self
1 teelepel fyn neutmuskaat
2 teelepels seesoutvlokkies
1 teelepel Tabasco (as jy wil)
1 teelepel swart peper

Braai die gekapte ui tot sag; roer dikwels. Voeg asyn en suiker by. (Mens kan dit uitlaat). Dit sal wegkook maar gee geur. Voeg die 2 groentes by, en dan die water. Hier moet mens maar oordeel: draai die hitte laer, hou die pot dop — daar moet genoeg vloeistof wees sodat die groente fyngemaak kan word. (Gisteraand het ek so’n opgehoopte lepel creme fraiche ingeroer). Voeg neut, sout, Tabasco en peper by.
Gebruik ‘n staafmenger om alles sommer in die pot fyn te maak sodra die groente sag is. ‘n Lekker bykos, of selfs as “topping” vir ‘n herderspastei.
VIR BANTING-ETERS: As jy wil, los die eerste 4 bestanddele uit, en gebruik net die res. Dit maak ‘n mooi groen “mash” — iets anders as gewone blomkool-moes!
BRON – Zuri Roos




KOOS SE KNOFFEL-AARTAPPELS

 

koos ge knoffel aartappelstestedkoos se aartappels met sop 2
KOOS SE KNOFFEL-AARTAPPELS

250 gram botter
Twee groot op gehoopte eet lepels crushed Garlic
Smelt die botter en voeg knoffel by
Braai knoffel in die botter
Plaas aartappels in plat bak.
Gooi die knoffel ,botter mengsel oor die aartappels en bak in oond tot aartapprels 100% gaar is.
Roer gedurig die aartappels in die knoffel , botter mengsel.
Daarna het die bruin uie sop poeier idee by gekom wat ook in gemeng word met die knoffel botter mengsel.
Ek het verander na Thick white onion sop nadat iemand dit voorgestel het en ook gevind dit bak nie so gou bruin nie. Die brown onion raak te gou swart voor die aartappels crispy is.
Ek gebruik presies dieselfde mengsel met my gekrapte aartappels.
Een mengsel Knoffel, botter en poeier genoeg vir 16 halwe medium aartappels
Die gekrapte aartappels pre-cook ek nie en roer rook nie terwyl dit bak nie
Bak gaar in oond saam met die Knoffel, Botter en sop poeier mengsel.
Ek probeer die aartappels crispy bak
BRON – Koos van der Merwe
Foto 2  het die sop poeier by die knoffel mengsel – Jy kan wit of bruin gebruik. Ek het aan die begin bruin uise sop gebruik maar dit het bte gou donker gebak. Toe oorgeslaan na Knor Thick white Onion sop en dit werk baie beter.




SEEKOS POTJIE OOR DIE KOLE

 

Seekos potjie oor die koletested

SEEKOS POTJIE OOR DIE KOLE

Ek het toe die verlore seekospotjie se resep opgespoor. Ons maak dit gewoonlik op die vuur in ‘n swartboom pot, maar enige manier sal werk. Geniet dit. Onthou met baie van my resepte, kan jy maar speel met die hoeveelhede en bestanddele. Hier is dit ook die geval. Hier is ‘n groot hoeveelheid kos maar so lekker, en daar is gewoonlik niks oor vir die volgende dag nie!!!
10 gesnipperde uie
2 pakkies gesnyde sampioene
2 pakke seekos (of vars as jy kan kry, en net wat jou hart begeer)
2 pakke gesnyde spek (bacon)
2 x 250 ml room
3/4 tot 1 pak al danté gaar spaghetti
± 500g gerasperde kaas
2 blikke oesters of mossels, of een van elk
½ bolletjie fyn knoffel
3/4 tot 1 pakkie sampioensop

Braai uie, knoffel, en spek in bietjie olie. Voeg dan sampioene by en braai tot mooi blink.
Voeg seekos by. Maak toe en prut ± 10-15 minute
Kook spaghetti tot al danté.
Meng room en soppoeier
Voeg alles by en kook goed deur
Gooi toe met kaas en sit deksel op
Haal af van vuur en laat kaas smelt
Eet en wees vrolik.

Dit alles saam met heerlike vars growwe bruin brood is amazing.
Foto en resp geplaas deur Esme Slabbert




WENKE VIR DIE GAARMAAK VAN EIERVRUG

WENKE VIR DIE GAARMAAK VAN EIERVRUGtested
WENKE VIR DIE GAARMAAK VAN EIERVRUG

Kobus Malherbe – Dagse. Iemand wat dalk vir my kan sê wat ek met eiervrug kan maak

Ané Reinhardt – Ons maak dit as bygereg: Ons skil dit, sny dit in ringe, gooi bietjie sout oor. Dan doop ons dit in meel, dan geklitste eier en dan weer meel (soos wat jy steak met kombersies maak) en dan braai ons dit in ‘n pan tot bruin aan beide kante. Sout en peper na smaak daarna.

Mariaan Visser – Ek maak kerrie met myne. Heerlik. Ek begin soos gewone kerrie. Braai uie en sit al die speserye in en braai saam met uie. Kerrie, borrie, fyn koljander, cumin, naeltjies, pypkaneel, gemmer, kerrieblare. Skli en sny tamaties en voeg by uie mengsel. Skli en sny bringel in blokkies. Skli aartappels en sny in blokkies. Voeg nou bringel en aartappels by eerste mengsel. Kook tot alles lekker sag is. Bedien met rys. Lekker vegetaries. Ek is n diabeet en maak dit gereeld vir myself. Ek laat die rys weg en eet dit net so alleen. Baie vullend en gesond en hou die suiker laag.

Laura Coetzer – Sny in skywe omtrent 5mm dik, sout en plaas eenkant in ‘n bak vir omtrent 15 min sodat die bitter vrank smaak uitgetrek kan word. Spoel dan deeglik af. Strooi baie liggies met meel en bak in olyfolie tot ligbruin en gaar. In ‘n aparte pot kook n tamatie en uie smoor tesame met maalvleis. Pak nou lae eiervrug in n oondvaste skottel gevolg deur n laag maalvleis en tamatie en uie smoor. Herhaal die lae tot eiervrug, maalvleis en smoor klaar is. Rond af met lekker baie gerasperde kaas en bak vir ongeveer 20 tot 30 minute. HEERLIK!!!! ps… moenie die knoffel, kruie en speserye in die maalvleis vergeet nie.

Mariaan Visser Ek het vir Jode gewerk. Ek het geleer om van bringel n doop sous te maak.
Die bri gel is in die mikrogolf vir ongeveer 7 min gesit. Daar na is dit laat afkoel en geskil. Die bringel is dan opgekap en in die voedselverwerker gesit saam met hard gekookte eiers, gekapte uie, pietersielie en sout en peper. Dit word goed fyn gemaak en bietjie mayonaise in geroer. Dit word dan saam met kraak beskuitjies vir n voorgereg geeet.




AARTAPPELSLAAI SONDER MAYONNAISE

warm duitse aartappelslaai
AARTAPPELSLAAI SONDER MAYONNAISE

Petronella De Lange Brynard – Middag, het enige iemand vir my ‘n aartappelslaai resep sonder mayonnaise asb?

Robert van Dijk – Griekse yogurt?

Annetjie Laughland – Ek braai gewoonlik blokkies gesnyde aartappels net in botter. Dis vir my lekkerder as met mayonnaise.

Sandra Du Preez Thirion – Klein baba aartappeltjies, bacon, sprietuie en honey en mustard slaaisous.

Maria Mynhardt Swanepoel – Ek gooi kwart koppie asyn, halwe koppie olie, jou keuse, sout en peper meng heerlike slaaisous.

Olivereen Van Der Merwe – Slaaisous (heerlik). Verhit 3 koppies, water en 1 koppie suiker. Klits 1 koppie asyn en 2 eiergele, roer by. Meng 1 eetlepel vlapoeier, 1 eetlepel meel, 1 teelepel mosterdpoeier en sout.  Meng alles saam oor hitte, roer pal tot verdik. Dit moenie kook.  Gebruik oor aartappels of groenbone of uie vir slaai. Geniet dit.

Marésa Nortjé – Ek kook aartappels gaar en eenkant in swart swaarboom pot of lekker groterige pan lekker baie uie bruin gebraai in olie, gooi aartappels by met vars gemaalde swart peper en vars gemaalde sout, kan ook vars pietersielie by voeg, gooi bietjie melk by sodat dit nie te styf is nie, heerlik saam met eintlik enige ete, ek is lief om dit saam met braai vleis te bedien. Kan ook bacon saam met uie braai, ook baie lekker.

Debbie Willemse – wat van room aartappels was nog altyd lekker.

Michelle Wolmarans – Baby potatoes cooked and add parley, garlic, salt, pepper and butter. Cook through and enjoy or cook potatoes and put aside. Fry bacon, onion and garlic, then add cooked potatoes. Heat and eat.

Elbie Van Den Berg – Kook aartappels sag. Gooi olyfolie, balsamiese asyn sout en peper oor terwyl aartappels nog warm is. Voor jy dit bedien kan jy pietersielie, gekapte /gebraaide uie, knoffel ens. bygooi, ook eier of waarvan jy hou. My een kind eet nie mayonnaise nie ,maar is mal oor die aartappelslaai.  Geheim is om olie en asyn oor te gooi solank aartappels warm is dan absorbeer dit die geure.




HEERLIKE PIESANGBRODE

 

Heerlike piesangbrodetested

Heerlike piesangbrode gebak. Weet nie aan wie behoort resep. Het dit een slag jare terug van internet afgehaal.
Alle bestanddele moet kamer temperatuur wees:
8 ryp piesangs fyn gedruk (500ml)
10ml Koeksoda
5ml sout
250g Margarien
6 Ekstragroot eiers
10ml Bakpoeier
5 x 250ml koekmeel
500ml Water (koud)
750ml Suiker

Meng alle bestanddele in een groot mengbak met elektriese klitser. Skep in 3 klein gesmeerde broodpannetjies en bak @ 180°C vir ± 1 uur lank of tot toetspen skoon uitkom. Kan ook muffins maak van hierdie beslag.
FOTO – Johanna Venter




BUTTERNUT EN BACON

 

butternut

Nadia Dignas – Hallo almal. Ek het jul hulp nodig. Ek het Butternut en Bacon wat gebruik moet word. Het iemand dalk ‘n lekker resep vir my? Byvoorbaat dankie!

Jenny Conradie Fernandez – Sit butternut in helfde gesny met 2 uie in skill en oond en bak tot sag. Haal dan butternut se vleis uit gooi in blender en uie ook, dan maak jy daarvan liqued gooi sout en peper tot smaak by en Een koppie room, meng goed. Braai bacon en wanneer jy opskeep vir Mense, spinkel die gebraaide bacon oor die sop

Anmy Kitshoff – Jy kan ook die bacon bo oor skywe butternut pak, met gekapte spinasie en n pakkie wit     uiesop. Bak in oond