KREEF POT – CHOWDER
Hier is nog ‘n ander reseppie wat ons familie al gemaak het. Die bron weet ek nie so lekker van nie, want dit is aangestuur deur familie terwyl ek in SA op vakansie was in Transkei – Wildekus waar ons vars kreef en ander seekos daagliks gekry het
62.5g – 1/4k botter
1 bossie gekapte spriet uie
900g kreef of meer (hang af hoeveel jy het hoe baie jy daarvan hou)
2 blikke cream of chicken sop
1 blik cream of mushroom sop
½ houer salmon cream cheese (ongeveer 125g)
250 ml room
½t paprika
1 pak bacon
2 blikke gerookte mossels
4 stukke hake (by gebrek aan nog kreef)
handvol heel kreefpote vir smaak
Smoor sprietuie in bietjie botter, skep uit
Voeg nog botter by in pan en braai bacon, kreef, vis en mossels almal apart van mekaar liggies in botter.
± 5 minute vir kreef en vis, dit moet nie oorgaar wees nie.
Oor lae hitte, verhit soppe en roomkaas, en voeg alle ander bestanddele by en prut vir ongeveer 5 minute.
Voeg room laaste by en verhit
BRON – Esme Slabbert








