

8 URE LAMSBOUD MET KOFFIE EN ROOIWYN
3 kg lamsboud
4 eetlepels druiwepit- of groente-olie
4 knoffelhuisies, gekap
1 preie
1 uie, gehalveer
2 tamaties, gehalveer
1 geelwortel
3 teelepels seesout
2 teelepels grofgemaalde swartpeper
3 koppie sterk goeie koffie (nie kitskoffie nie!!)
1 koppie rooiwyn
1/4 koppie vars Italiaanse pietersielie, gekap
Plaas olie en lamsboud in metaal of yster oondbak.
Plaas op baie warm plaat en braai lamsboud tot bruin aan alle kante.
Verwyder van plaat en voeg groente en 2 koppies koffie by.
Geur met sout en peper.
Bedek en bak in oond teen 140°C vir 8 ure.
Verwyder uit oond en plaas boud op bord.
Trek vleis met vurk van been en hou eenkant.
Plaas bak met sous en groente op warm plaat.
Voeg wyn en 1 koppie koffie by.
Laat kook totdat vloeistof halveer het.
Gebruik handverwerker en purée groente todat sous verdik het.
Plaas terug op plaat met lae hitte.
Voeg vleis by en verhit.
Skep in opdienbak en sprinkel met pietersielie.
Resep geplaas deur Riaan Wiggill
Het Nataniel se skaapboud 8 uur resep gevat vir ‘n beef roast, die koffie is magic verby!






