

ERNST SE VINNIGE KAASKOEK
Gebruik een pak tennis biskuitjies, maak hulle fyn.
Smelt botter en meng saam om in ‘n tert bak te sit, onder en aan die kante.
1 blik kondensmelk
1 blik ingedampte melk
1 x 250 ml vars, dubbel room
Meng alles saam.
Kry ‘n paar klein blikkies granadilla (passion fruit) meng alles saam.
Gebruik dan een groot of 2 klein suurlemoene se sap.
Sit in mengsel en meng tot styf.
Gooi oor die tert basis.
Sit in yskas of in die vrieskas vir half uur.
Resep: Ernst Van Niekerk
Foto: Johan Van Zyl










