

AMANDA SE PAMPOENKOEKIES IN STROOP
500 ml gaar boerpampoen
250 ml gesifte koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
1 geklitste eier
Kookolie
SOUS:
15 ml botter/margarien
200 ml suiker
200 ml melk
15 ml mielieblom
175 ml koue water
5 ml vanilla/caramel essence
Maak pampoen goed fyn.
Voeg, meel, bakpoeier, sout en eier by en meng goed.
Skep lepels vol in warm olie, druk effens plat en bak tot weerskante goudbruin en gaar.
Pasop dat die olie nie te warm is nie, dan brand die koekies voordat hulle gaar is.
Dreineer op kombuispapier en skep in opdienskottel.
Verhit botter, suiker en melk tot kookpunt.
Los mielieblom in water op en roer in ‘n straaltjie by die melkmengsel. Voeg geursel by, kook tot verlangde dikte en gooi oor warm koekies.
Dien warm op.
Foto en resep: Amanda Conradie







Geskuif