

TILAPIA OP DIE KOLE
Maak vis skoon en sny rugvin en ander vinne af met ‘n skêr.
Sny so 3 vlak gleuwe deur die vel aan elke kant van vis. Spuit binne en buitekant van vis met olyfolie.
Strooi sout en vis speserye binne en buite om vis.
Vul maagholte met roosmaryn takkie, ui en suurlemoen skyfies, pak ook suurlemoen en roosmaryn takkie bo-op vis.
Spuit ‘n toeknyp rooster met spray and cook en braai jou vis op medium tot warm, nie te warm kole, tot vleis sag is.
Toets met ‘n vurk. Braai so 4 min aan een kant dan weer so 2 min aan ander kant.
Bedien met ‘n heerlike vars slaai.
Foto en resep: Elize de Kock






