

PIRAMIDE KAASKOEK UIT OZ
Koek
250 gram botter
1 koppie suiker
2 eiers
500 ml volroom maaskaas
4 teelepels vanilla
Knippie kaneel
4 teelepels brandewyn (of amarula)
1 koppie melk
2 pakkies tennis beskuitjies
1 pak kersies
Room botter en suiker en voeg maaskaas, kaneel, vanilla en eiers by
Meng melk en brandewyn en doop beskuitjies daarin. Pak 5 x 3koekies op foelie. Smeer helfte van koek beslag oor en herhaal laag koekies en beslag. Vou 3 hoekig toe en vries. Gooi bolaag oor wanneer hard is
Bolaag:
4 eetlepels suiker
2 eetlepels kakao
4 eetlepels water
125 gram sjokolade
90 gram botter
Kook als behalwe botter tot sjokolade gesmelt is. Roer botter by en gooi oor koek. Vries weer. Sny skywe en bedien.
Nota: ek het nie kersies gehad nie en toe sommer kit kat in die middel gesit
Resep geplaas deur Henriette Rossouw
Foto: Henriette Rossouw






