

RINIE SE SJOKOLADE KOEKIES
Koekies:
250 g botter
250 ml versiersuiker
1 koppie mielieblom
30 ml koffiepoeier
15 ml warm water
5 ml vinielje geursel
500 ml koekmeel
Versiersel :
100 g botter
1 koppie versiersuiker
5 ml koffiepoeier
15 ml kookwater
Voorverhit die oond tot 160 grade C
Smeer ‘n paar bakplate
Koekies :
Klits die botter en versiersuiker saam en voeg die mielieblom by
Los die koffiepoeier in die waterop en voeg by die mengsel
Voeg die vinielje geursel by en meng
Voeg die koekmeel by en meng tot n sagte deeg
Vorm stafies en pak op die bakplate en bak vir 15 min
Versiersel :
klits die botter en versiersuiker goed
Voeg die koffie opgelos in kookwater by en klits goed
Plak die koekies met die versiersel aanmekaar vas
Jy kan ook die koekies met gesmelte sjokolade aanmekaar plak
Resep en foto: Gideon Louw






