
BAK EN KOOK WENKE
FOOD LOVERS RECIPES
-Room wat nie wil styf klits nie, voeg ‘n eetlepel Appelkooskonfyt daarby. Dit gee ook ‘n lekker geur aan die room
-Voeg bakpoeier heel laaste by Koekbeslag, die deeg sal lig uitrys.
-Klein koekies bly langer vars as jy n laag suiker onder in die koekhouer sit.
-Sit ‘n ¼ teelepel peper by Gemmerkoekie mengsel om die ekstra brand te gee.
-Voer jou koekiepan uit met heavy duty tin foil, dit keer dat koekie merke los.
-Sit plastiek oor deeg wat moet rys, dit keer dat die deeg hard word.
-Voeg ‘n ½ teelepel suurlemoensap by room, dit sal vinniger styf klop.
-Suiker en botter meng beter as jy klein bietjie suurlemoensap byvoeg.
-Melk sal nie oorkook as jy ‘n albaster in pot sit nie.
-‘n Knippie kaneel gee n pikante smaak aan kakao.
-‘n Stukkie botter in vla keer dat ‘n velletjie vorm.
-Moet nooit suurmelk weggooi nie. Dis uitstekend in gebak en maak deeg ligter as vars melk. Continue reading









