
BAK EN KOOK WENKE
FOOD LOVERS RECIPES
-Room wat nie wil styf klits nie, voeg ‘n eetlepel Appelkooskonfyt daarby. Dit gee ook ‘n lekker geur aan die room
-Voeg bakpoeier heel laaste by Koekbeslag, die deeg sal lig uitrys.
-Klein koekies bly langer vars as jy n laag suiker onder in die koekhouer sit.
-Sit ‘n ¼ teelepel peper by Gemmerkoekie mengsel om die ekstra brand te gee.
-Voer jou koekiepan uit met heavy duty tin foil, dit keer dat koekie merke los.
-Sit plastiek oor deeg wat moet rys, dit keer dat die deeg hard word.
-Voeg ‘n ½ teelepel suurlemoensap by room, dit sal vinniger styf klop.
-Suiker en botter meng beter as jy klein bietjie suurlemoensap byvoeg.
-Melk sal nie oorkook as jy ‘n albaster in pot sit nie.
-‘n Knippie kaneel gee n pikante smaak aan kakao.
-‘n Stukkie botter in vla keer dat ‘n velletjie vorm.
-Moet nooit suurmelk weggooi nie. Dis uitstekend in gebak en maak deeg ligter as vars melk.
-Maak seker al die bestandele is by kamertemperatuur vir die beste resultate.
-Vir ‘n beter tekstuur, vervang gewone melk met karringmelk in jou koekresep, vir elke 250ml karringmelk, voeg 2 ml koeksoda by die droë bestanddele.
-Om ‘n koek met ‘n ligter tekstuur te maak, skei die eiers aan die begin, voeg die gele by die karringmelk mengsel, klits die witte styf en vou dit by die deeg in.
-Om te verseker dat koue botter kamertemperatuur vinniger bereik, rasper die botter en sny dit in dun snytjies en los dit vir ongeveer 10 min lank oor ‘n bak met warm water.
-Sit ‘n Klein “marshmallow” in die onderpunt van ‘n roomyshorinkie om te keer dat die roomys lek.
-As botterversiersel te slap aangemaak is voeg bietjie bakpoeier by.
-Aangemaakte versiersuiker vries goed in ‘n lugdigte houer.
Laat dit net weer ontdooi wanneer nodig
-2 ml Vrugtesout (Eno’s) by koekversiersel maak dit lig en donsig en gee ‘n pikante geur daaraan wat die ergste soet weg neem.
-Kondensmelk kan soos room styf geklits word as dit 10 min verwarm word.
-Strooi Vlapoeier oor die plank waarop jy deeg uitrol – dit help om die gebak ‘n mooi bruin kleur te gee.
-Om jellie vinnig te laat stol, voeg ‘n knippie koeksoda by.
-Doop piesang of advokadopeer, skil en al, 2 sekondes lank in kookwater om verkleuring te voorkom
-Giet kookwater oor rou aartappelskyfies, maak droog en bak soos gewoontlik, dié skyfies is dan heerlik bros
-As daar ‘n vetterige laag op sop is, plaas paar ysblokkies daarin, die vet sal aan die ys vassit
-Sny uie in ringe, giet kookwater oor en dreineer onmiddellik,
Dompel dadelik in yswater, en laat 10 min. staan, dreineer weer en maak droog met kombuispapier. Die uie bly bros.
-Druk jou spekvleis eers in koekmeel voor jy dit bak, dan krimp dit nie.
-Voeg bietjie koeksoda by jou olie om jou skyfies bros te maak.
-As jy per ongeluk te veel sout by ‘n dis gevoeg het terwyl dit nog kook, sit ‘n geskilde aartappel by, die sout sal opgetrek word.
-Moenie die Oorskiet wyn wat oorbly weggooi nie. Vries dit in blokkies en gebruik in disse en souse.
-Gebruik Mayonnaise om oor pasteie te smeer: dit bevat ook eiers en so spaar jy ‘n eier.
-Sit ‘n suurlemoen vir 15 sekondes in die mikrogolf voor jy die sap uitdruk. So sal jy meer sap uitkry.
-Laat jou huis lekker ruik deur lemoenskil, kaneelstokkies, ‘ n paar naeltjies en ‘n lourierblaar vir ‘n halfuur in ‘n pot water te laat prut.
-As sout nie wil strooi nie, mikrogolf dit 1 – 2 min per potjie by volle krag.
-Sprinkel bietjie sout in ‘n braaipan om te keer dat die vet spat.
-Beskuitblik – Strooi 1 teelepel suiker in die blik om vars te hou
-Broodblik – ½ aartappel in die blik hou die brood vars
-Om vleis sag te maak as jy dit stowe, sit 2 teelepels gemmer by, asyn kan ook bygevoeg word-
-Om hoender sag en sappig te hou, giet ‘n koppie suurlemoensap oor dit voordat jy dit gaar maak-
-‘n Stukkie brood in die pan waarin vis gebak word, sal voorkom dat die olie spat, ontdooi bevrore vis in melk, die melk gee ‘n lekker geur aan die vis-
-Om te keer dat worsies oopbars wanneer jy hulle braai, prik hulle goed, doop in kookwater en droog af voordat jy dit in die pan bak-
-Aartappels braai mooi bruin as dit eers in melk gedoop word-
-Wanneer jy eiers bak, sprinkel ‘n bietjie sout of meel oor die olie voordat jy die eier in die pan oop breek, die eier sal nie aan die bodem van die pan vas sit nie-
-Om groente gouer te laat sag kook, voeg ‘n teelepel suiker by terwyl dit kook.






