

BEWAAR JOU KAAS LANGER
Ek doen die volgende al vir jare :
Sny kaas kleiner en sit in ‘n sakkie. Giet bietjie wit asyn in en skud dit deur.
Sit in yskas en gebruik soos benodig.
Na sowat 2 weke herhaal die proses met oorblywende kaas.
Kaas is altyd vars asof jy dit vandag gekoop het. Myne bly tot ‘n maand of langer so vars met hierdie metode.
Wenk: Caroline Slabbert






