

“FILLET STEAK” IN SLAAISOUS
Goeie gehalte fillet steaks gesny (butterfly)
1 bottel Franse slaaisous
Sit die steak in ‘n zip lock sakkie, giet net genoeg sous in die sakkie voor en agter en werk mooi oor al die steak. Seël die sakkie en los so uur of tot jy gaan braai.
Maak jou dik boom pan lekker warm, goed warm, sit stukkie botter in die pan en sit jou steak in die pan. Laat so paar minute (3 – 4 min hang af van die dikte) aan die een kant braai, sit botter bo-op, draai om en braai ander kant tot die gaarheid wat jy verkies. Haal uit die pan, en sit eenkant neer vir ongeveer 8-10 min voor jy dit bedien.
Mensig maar nou het ek lekker geeet, ‘ uit die boeke heerlik…en doeksag 🙂
Die foto wys hom bietjie rooier, ek eet graag “meduim”
Bedien saam met ‘n slaai van Blaarslaai, tamatie en avokado en alles waarvan jy in jou slaai hou 🙂
Foto en resep: Rina Kleinhans






