

HAWERMOUTKLONTJIES
500 ml suiker
75 ml kakao
125 ml melk
60 ml botter
125 ml korrelrige grondboontjiebotter
5 ml vanila geursel
750 ml hawermout
Meng die suiker en kakao.
Roer die melk en botter by.
Roer aanhoudend en verhit die mengsel oor matige hitte tot kookpunt.
Laat 2 min prut.
Haal van stoof af.
Roer die grondboontjiebotter en vanielje by.
Roer die hawermout by.
Skep teelepels vol op waspapier op ‘n bakplaat.
Verkoel tot styf.
Foto: Frieda Greyling







Doné Smith
Hierdie is baie lekker. Die grondboontjiebotter gee dit ‘n mooi glans. Ek het oor Kerstyd die grondboontjies vervang met Nutella. Was ook lekker.