
RAAD VIR ROES BY SWARTPOTTE
Barry van Wyk
Was jou pot behoorlik, maak goed droog, stop hom behoorlik styf met bondels koerant papier, moet nooit jou pot met enige olie smeer dit maak dit taai. Koerantpapier werk werklik ek het heelwat potte en hulle is vol koerantpapier vit maande, as ek dit nodig kry is hulle honderd persent, miskien sit jy te min papier in.
Riana Giliomee
Ek spuit my pot en deksel baie goed met spray en cook en vryf dit lekker blink met papierhanddoek dan sit ek gefrommelde koerantpapier in en dit werk.
Maryke Vermeer Clingen
Ek gebruik eier bokse ipv koerant.. skeur in stukkies op en sit in die pot.
Rala Scotney
Holsum vet binne in pot gesmeer en dan koerant papier so word dit gebêre tot jy dit weer gebruik.
Maria Nortjé
Dit moet olyf olie wees, ek doen myne so al die jare en myne raak nie taai nie, roes ook nie. En ons maak nie baie pot nie, ek sit ook koerant papier in.
Carlien Coetzee
Probeer aptekersparaffien (liquid paraffin) op ‘n lappie en smeer dit binne sowel as buite aan. Dit word nie galsterig nie, pak nie taai aan nie en die pot behou sy mooi swart glans. Dit was baie maklik uit, laat nie ‘n smaak agter nie en is boonop nie giftig nie.
Ettienne Berno Pretorius
Soos die ou mense gemaak het jy kook jou pot met ou skille van aartappel en wortels, dit trek al die vuil goed uit jou pot en dan braai jy skaap vet in die pot en smeer dit oral, dan bêre jy hom met koerent pappier.
Cathy-Joan Pitout
Na als gebruik ons halwe suurlemoene om die pot mee uit te vee. Verbasend hoe skoon dit die pot maak en trek alle snaakse smake en reuke uit die yster.
Hannes Pieters
Ek smeer so bietjie vaseline aan , maar pot moet effens warm wees. Los dan sommer die papier waarmee ek gesmeer het saam met koerantpapier in die pot. Kook weer die pot vooraf uit met water voor volgende gebruik. By die see sal enige iets roes. Hou maar in droë plek in motorhuis of so, nie onder afdak buite nie.
Louisa Hollenbach
Doen soos Ettienne Berno Pretorius sê ek smeer al vir jare uitgebraaide skaapstertvet (jy kan holsum ook gebruik) en my swartpotte roes nooit.
Corrie Venter
Ek maak my potte weer warm na ek dit gewas het. Geen roes daarna. Dis tog after all die vog wat dit laat roes.
Irene De Meyer Venter
Ek het nou die dag gelees jy moet die pot vryf met n gesnyde aartapel, nog nie self beproef nie.
Anne-marie Harding
Ek was my pot, bak in die oond droog, smeer liggies olie net binne, sit koerant papier in en bêre.
Elize Smit
Maak goed skoon, laat staan in die son of laat staan vir so 10 minute in lou oond sodat dit goed droog is. Laat goed koud word. Gooi nou net bietjie koeksoda in en maak jou deksel toe en bêre. Geen smaak en geen roes.
Elizette van Rhyn
Maak eers chips tot vervelens toe in hom. Dan is daar olie in hom.
Gideon Louw
Daar is drie goedjies wat ek doen en dit werk baaaaaaaie goed
Was jou pot skoon na gebruik dit kan maar die vlgende dag ook wees
Direk na was droog dit af
Direk na afdroog spuit dit met spray & cook
En my potte is aaaaltyd mooi netjies en geen roes
Klaar net dit punt amen
Niks verder nie
Natalie Swallow
Warm water let it soak with sunlight, scrub clean, let it air dry by itself completely then when its has put some oil in and newspaper close the lid when you want to use it again just take the newspaper out.
Noreen Stocker Farmer
Kook groete skille ‘n paar keer daarin. skuur met skuurpapier was goed dan ‘n bietjie kookolie en koerant papier.
Jennifer Wait
Laat oornag in asyn water staan. Skrop met sout. Werk soos n bom. Bak droog en spuit cook n spray.






