

WENKE VIR ‘N PERFEKTE TERT KORS
Wenk 1 – Elsabie Templeton
My raad is om vir die onderste deel van die deeg ‘n broskors deeg te gebruik en vir bo ‘n skilferkors deeg (vir my pasteitjies gebruik ek sommer die kookwater broskors deeg en dit kom perfek uit). Ek gebruik dit vir klein en groot pasteie. Hierdie ronde kleintjies sommer in muffin pannetjies gebak (sirkel deeg met piering gemeet en ingedruk, toe koue vulsel wildsvleis ingesit, net bymekaar saamgebring bo en met eier gesmeer en gebak).
Wenk 2- Beyers Malan
Watter soort bak gebruik jy?? Dis raadsaam om ‘n bak te gebruik wat vinnig hitte gelei… Gebruik ‘n oondpan wat jy vooraf verhit en plaas dan pasteibak op die warm pan voor jy dit in die oond sit. Hierdie stap help baie om rou onderlaag te verhoed. Jy kan ook die onderste deel van die kors met geklitste eier verf en laat droog voor jy die vulsel insit – dit help ook om ‘nat boude’ te voorkom. Laastens kan jy ook daaroor dink om die oond temperatuur effens laer te stel en dan die pastei bietjie langer bak. Sukses!!
Foto: Elsabie Templeton









