
FRIKKIE SE RAAD VIR KAASKOEK
Right, kom ons begin:
Alle bestanddele vir kaaskoek moet by kamertemperatuur wees as ons begin.
Smeer jou pan se kante botter en “plak” dan ‘n laag bakpapier aan die kante van die pan. Dit help dat die beslag nie aan die kante plak en ‘n kraak veroorsaak.
Meng die eier en suiker met ‘n elektriese klitser. Maak die roomkaas sag met die hand en ‘n houtlepel. Meng dan die eiermengsel in met die hand.
Bak ‘n kaaskoek vir ‘n paar minute by hoë hitte vir kleur. Maak oonddeur oop om die hitte vinnig te laat ontsnap en bak by 100° verder.
Sit oond af EN MOENIE DIE OONDDEUR oopmaak nie. Kaaskoek koel in die oond af.
Te vinnige afkoel kan ook n bars veroorsaak.
BRON: Frikkie Jones
Foto: Karen Shaw






