

ALL BRAN BESKUIT MET ROSYNE
Ek het gister bietjie beskuit gebak.
6 koppies bruismeel
4 koppies All Bran
2 koppies bruinsuiker
2 teelepels sout
1 teelepels bakpoeier
500 g Stork Bake margarien
2 kopppies karringmelk
200 ml olie
1 koppies rosyne
Meng die eerste 5 bestanddele saam. Voeg dan die volgende 4 bestanddele by die meelmengsel en meng goed deur. Druk vas in ‘n beskuitpan.
Bak vir 30 min by 180°C. Laat heeltemal afkoel voordat jy dit sny.
Droog uit teen 70°C.
Nota:
Ek sny gewoonlik die beskuit voordat ek dit in die oond sit, dit laat die baksel nie verbrokkel voordat dit uitgedroog moet word nie. Moet nie heeltemaal deur sny nie, dit maak die uitkeer proses moeilik.
Geniet dit!!
Foto en resep geplaas deur: Lea Lombard






