HEERLIKE SAGTE VARKTJOPS
Plaas foelie in Pyrex bak genoeg om te kan toe vou…
Strooi die helfte van n pakkie Wit uie soppoeier bo-op die onderste laag foelie.
Plaas varktjops bo-op sop poeier en strooi orige sop bo op.
Plaas klonte margarien bo-op tjops en vou die foelie toe.
Bak in oond op 180 C tot gaar en soppoeier n heerlike kors gemaak het.
Dis heerlik, sag en sappig.
Heerlik saam met aartappel-skyfies/slaai/ groente.
Bron: Magda Swanepoel
Foto: Adam Cloete
Ek het hierdie metode van Magda Swanepoel gebruik, maar toe sommer half gaar gekookte aartappels en wortels, asook dun uieringe en rou sampioene in die foelie saam met die tjops toegemaak. Dit was wonderlik lekker. Oor dit klein bietjie droog gebak het, het ek net ‘n pakkie geroosterde vleis geur sous poeier aangemaak en aan die einde oorgesit.